Ons Berei Ons Harte Voor Vir Paasfees: 'n Oordenking Tydens LydenstydVoorbeeld

Preparing Our Hearts for Easter: A Lenten Devotional

DAG 24 VAN 40

"Dag 24: Die Loot"

Dit is so maklik om in die strik te val en te dink dat God se liefde en besorgdheid oor ons wissel na gelang van hoe goed ons vorder of misluk in ons geestelike lewe. Ons tree dikwels sò op: ons gee of weerhou liefde van andere na gelang van die manier waarop hulle ons tevrede stel of teleurstel. Dank God dat hy nie so optree nie. Hy is altyd dieselfde.

Deur die profeet Jeremia herinner God sy mense daaraan dat hulle op sy beloftes kan staatmaak en dat hy altyd daar sal wees vir hulle. Hy beloof sy konstantheid en getrouheid: “Iemand uit die huis van Dawid sal altyd op die troon van Israel sit, en daar sal altyd Levitiese priesters wees om offers te bring” (vv. 17-18). Jesus is die koning wat op die troon bly sit en wie homself opgeoffer het as 'n offerrande, eens en vir altyd vir alle mense.

Jesus is die regverdige Loot wat sy geregtigheid aan ons gee, sodat ons nooit hoef bang te wees dat God ons sal verwerp nie. Daarom kan ons ons eie mislukkings en ontrouheid na God bring. Jesus sal nie sy rug op ons draai nie. Ons kan elke dag ons berou na hom toe bring en hy sal dit aanvaar. As gevolg van die lewe, dood en opstanding van Jesus, kan ons op God vertrou om aan ons 'n nuwe begin te gee. Elkeen van ons het elke dag daardie nuwe begin nodig. As jy hom vra sal God dit vir jou gee.

Gebed

Here Jesus, dankie dat u ontferminge elke môre nuut is en u trou groot is. Gee my genade om elke dag berou te hê oor die dinge wat u nie plesier verskaf nie. Ek maak staat op die feit dat u my nooit sal verlaat of in die steek laat terwyl ek in u weë probeer wandel nie. In Christus se Naam, Amen.

Kopiereg (c) 2012 deur Redeemer Presbyterian Church.
Dag 23Dag 25

Aangaande hierdie leesplan

Preparing Our Hearts for Easter: A Lenten Devotional

Wat is die Lydenstyd? Dit is die tyd wanneer ons in afwagting is vir die oorwinning wat die lig en lewe van Christus oor die duisternis van sonde en dood gebring het. Soos ons die gebeure volg van Aswoensdag tot Paasfees, word ons herinner aan die werklikheid van ons swakheid en God se verlossende genade.

More

Hierdie oordenking is geskep deur die personeel van die Redeemer Presbyterian Church en is oorspronklik geplaas op die webblad www.redeemer.com in 2012. Word gebruik met toestemming.