Ons Berei Ons Harte Voor Vir Paasfees: 'n Oordenking Tydens LydenstydVoorbeeld
"Dag 29: Die Lam"
In Genesis 22 neem Abraham sy enigste seun Isak na die berg Moria, omdat God hom beveel het om Isak te offer as 'n brandoffer. Isak vra vir sy pa: “Waar is die lam om te offer?” Abraham antwoord: “God sal sy eie offerlam voorsien.” Net toe Abraham sy eie seun op die altaar wou offer, het God hom gestop en 'n ram in Isak se plek voorsien.
Jesus is die Lam van God wat voorsien is om alle sonde weg te neem. Dit was nie nodig dat Abraham sy enigste seun offer nie, want God het gekies om sy eie seun te offer om vir ons sonde versoening te doen. Daarom beskou God ons op dieselfde manier as wat hy sy seun beskou het toe Johannes die Gees vanaf die hemel op hom sien neerdaal het. Hy noem mans en vrouens sy geliefde seuns oor wie hy hom verheug (Matteus 3:17).
Ons hoef nie meer in angs te leef en te sukkel om ons bestaan te regverdig nie. Ons geregtigheid is in Christus, die perfekte, vlekkelose Lam van God, wat die sonde van die wêreld weggeneem het.
Gebed
God onse Vader, ons dank u dat ons u geliefde seuns in wie u 'n welbehae het. Ons bid dat u diep in ons binneste sal werk sodat ons sal besef dat ons nie meer vir ons redding hoef te werk nie, maar dat ons rus kan vind in die wete dat ons identiteit in die Lam van God is. Laat ons verstaan hoe wonderlik die offer vir ons sonde was, sodat ons u meer en meer kan lief kry en sal verstaan wat u wil hê ons moet word. In Christus se Naam, Amen.
Kopiereg (c) 2012 deur Redeemer Presbyterian Church.

Aangaande hierdie leesplan
Wat is die Lydenstyd? Dit is die tyd wanneer ons in afwagting is vir die oorwinning wat die lig en lewe van Christus oor die duisternis van sonde en dood gebring het. Soos ons die gebeure volg van Aswoensdag tot Paasfees, word ons herinner aan die werklikheid van ons swakheid en God se verlossende genade.
More
Hierdie oordenking is geskep deur die personeel van die Redeemer Presbyterian Church en is oorspronklik geplaas op die webblad www.redeemer.com in 2012. Word gebruik met toestemming.