Ons Berei Ons Harte Voor Vir Paasfees: 'n Oordenking Tydens LydenstydVoorbeeld

Preparing Our Hearts for Easter: A Lenten Devotional

DAG 30 VAN 40

"Dag 30: Die Vas"

Here ons leer van drie maniere waarmee Satan Jesus wou versoek. Elke een was meer betekenisvol as die vorige een. Eerstens het hy hom met kos versoek, toe het hy hom uitgedaag om sy mag op aanskoulike wyse te vertoon en laastens het hy hom aangehits om politieke mag te gebruik om God se koninkryk te vestig. In hierdie laaste een het hy Jesus versoek om die kruis te omseil. Die duiwel was meer as gewillig om ons almal aan Jesus terug te gee, as hy hom net sou dien in plaas daarvan om God te dien. Omseil die lyding, red die mense, verraai God, doen dit op die maklike manier. Vir elke antwoord het Jesus na 'n skrifgedeelte verwys, die “swaard van die Gees” (Efesiërs 6:17), om satan te weerstaan.

Hierdie versoekings het plaasgevind na Jesus se doop. Net nadat Jesus vir sy bediening gesalf is, het die Gees hom in die woestyn in gelei vir 40 dae en nagte van vas “waar hy deur die duiwel versoek is.” Jesus se tyd in die woestyn herinner ons aan Moses wat vir dieselfde periode van tyd op die Sinaiberg was (Eksodus 34:28). Na 40 dae en nagte gee God vir hom die Tien Gebooie om aan die Israeliete te gee. Hier sien ons dus dat Jesus die nuwe Moses is wat gekom het om die wet te vervul wat aan Moses gegee is.

Gebed

Genadige God, ons prys u dat u weet hoe dit is om aan versoeking onderwerp te word, en daarom met ons meegevoel het. Dankie dat u vir ons leer hoe om versoeking te weerstaan. Dankie dat u die kruisdood deurgemaak het. Dankie dat u die wet namens ons en om ons onthalwe vervul het. In Christus se Naam, Amen.

Kopiereg (c) 2012 deur Redeemer Presbyterian Church.
Dag 29Dag 31

Aangaande hierdie leesplan

Preparing Our Hearts for Easter: A Lenten Devotional

Wat is die Lydenstyd? Dit is die tyd wanneer ons in afwagting is vir die oorwinning wat die lig en lewe van Christus oor die duisternis van sonde en dood gebring het. Soos ons die gebeure volg van Aswoensdag tot Paasfees, word ons herinner aan die werklikheid van ons swakheid en God se verlossende genade.

More

Hierdie oordenking is geskep deur die personeel van die Redeemer Presbyterian Church en is oorspronklik geplaas op die webblad www.redeemer.com in 2012. Word gebruik met toestemming.