Ons Berei Ons Harte Voor Vir Paasfees: 'n Oordenking Tydens LydenstydVoorbeeld
"Dag 35: Die Salwing"
“Wat 'n vermorsing!” Dit is die klagte van die dissipels aangaande die vrou wat haar duur parfuum gebruik het om Jesus se voete mee te salf. Jesus het nie hierdie reaksie verdra nie. Hy vind ons siening van die situasie as 'n vermorsing van geld, ontoereikend. Alhoewel die opbrengs van die verkope van die parfuum gebruik kon word om baie goeie dinge mee te doen, vind Jesus geen fout met die vrou se optrede nie. Hoekom nie? Want dit is 'n aanbiddingsdaad. Hy weet dat ware lewe begin met dit wat jy aanbid.
Indien jy die verkeerde dinge aanbid sal niks anders reg uitwerk nie. Jy sal 'n nuwe begrip kry van die dinge wat saakmaak en jou lewe daarvolgens inrig, as jy die lewende God aanbid. Hy het homself aan ons gegee deur Jesus te offer. Ewe skielik sal jy tot die besef kom dat jy jou lewe op Jesus “vermors” deur dit aan sy planne te onderwerp in plaas daarvan om jou eie koers in te slaan. Dit sluit in dat jy omgee vir die regverdige behandeling van die armes.
In teenstelling met wat mense dink, verminder Jesus nie ons verantwoordelikheid teenoor die armes in hierdie gedeelte nie. Hy haal in der waarheid Deuteronomium 15 aan, wat ons aanmoedig om baie vrygewig teenoor die armes te wees. Sulke vrygewigheid is net 'n uitvloeisel van ons aanbidding tot God. Fokus op die belangrike dinge! Stel God eerste in alles. Hy is die enigste een wat werd is om aanbid te word. Jy sal vind dat jy dan sal toelaat dat hy jou op allerhande wonderlike maniere gebruik om ander te dien.
Gebed
Here, so dikwels aanbid ek die verkeerde goed. Help my om toe te laat dat my lewe “vermors” word op u, want eers dan sal dit iets moois word wat u op aarde kan gebruik. In Christus se Naam, Amen.
Kopiereg (c) 2012 deur Redeemer Presbyterian Church.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Wat is die Lydenstyd? Dit is die tyd wanneer ons in afwagting is vir die oorwinning wat die lig en lewe van Christus oor die duisternis van sonde en dood gebring het. Soos ons die gebeure volg van Aswoensdag tot Paasfees, word ons herinner aan die werklikheid van ons swakheid en God se verlossende genade.
More
Hierdie oordenking is geskep deur die personeel van die Redeemer Presbyterian Church en is oorspronklik geplaas op die webblad www.redeemer.com in 2012. Word gebruik met toestemming.