Ons Berei Ons Harte Voor Vir Paasfees: 'n Oordenking Tydens LydenstydVoorbeeld

Preparing Our Hearts for Easter: A Lenten Devotional

DAG 37 VAN 40

"Dag 37: Die Plan"

Selfs toe Jesus se lewe aan 'n draadjie gehang het, was hy verbasend genoeg in beheer. Hy het sy inhegtenisname en kruisiging voorspel nog voor die godsdienstige leiers saamgesweer het. Hy het geweet dat Judas, een van sy getroue dissipels, hom sou verraai. Dit moes nogal ontstellend gewees het vir Judas om te weet dat Jesus deur sy maskerade kon sien. Mense maak planne, maar dit is net God se plan wat altyd staande bly. Niks kan met sy doel inmeng nie. Niks anders was meer essensieël in God se ewige plan as dat Jesus, die Seun van die Mens, uitgelewer en gekruisig sou word nie. Sy laaste ete, die Pasga, was baie simbolies en het die doel van Jesus se dood beklemtoon. Die Pasga was 'n jaarlikse fees om Israel se uittog uit slawerny uit Egipte te gedenk. Jesus se dood was die nuwe Pasga. Die wat op hom vertrou ervaar die werklike Uittog — verlossing van die slawerny van sonde. Die gevolg is dat hulle vir ewig in die vryheid van sy liefde lewe.

As jou lewe in chaos is, as dinge nie uitwerk soos jy dit wil hê nie, kan jy vertroosting vind as jy dink aan alles wat Jesus moes deurmaak voor sy dood. Alhoewel mense saamgesweer het teen hom, en hulle plan geslaag het om hom dood te maak, kon hulle nie die plan van God omvergooi nie. Dit is vertroostend om te weet dat niks met God se planne kan inmeng nie, want hy is in beheer! Hy is altyd aan die werk sodat sy goeie wil kan geskied. As ons na Jesus kyk, veral sy dood, ontdek ons wat die belangrikste is in God se plan vir ons: deur Jesus se dood vind ons lewe, deur sy bloed wat vir ons gevloei het ervaar ons die bevryding van sonde en kan in vryheid lewe.

Gebed

Genadige Vader, dankie dat u in beheer van ons lewens is. Dit is goed om te weet, veral as dit voel of ons lewens buite beheer is. Laat ons lewens om Jesus draai, die een wat u plan vervolmaak het. Heilige Gees, help ons om ons vertroue op Christus te plaas sodat ons die ware Uittog kan ervaar. As ons u vergifnis ervaar sal ons elke dag in die vryheid van u liefde kan leef, heelhartig aan u toegewy. In Christus se Naam, Amen.

Kopiereg (c) 2012 deur Redeemer Presbyterian Church.
Dag 36Dag 38

Aangaande hierdie leesplan

Preparing Our Hearts for Easter: A Lenten Devotional

Wat is die Lydenstyd? Dit is die tyd wanneer ons in afwagting is vir die oorwinning wat die lig en lewe van Christus oor die duisternis van sonde en dood gebring het. Soos ons die gebeure volg van Aswoensdag tot Paasfees, word ons herinner aan die werklikheid van ons swakheid en God se verlossende genade.

More

Hierdie oordenking is geskep deur die personeel van die Redeemer Presbyterian Church en is oorspronklik geplaas op die webblad www.redeemer.com in 2012. Word gebruik met toestemming.