Ons Berei Ons Harte Voor Vir Paasfees: 'n Oordenking Tydens LydenstydVoorbeeld

Preparing Our Hearts for Easter: A Lenten Devotional

DAG 33 VAN 40

"Dag 33: Die Oproep"

Na afloop van baie dae en nagte wat Petrus saam met Jesus was en sy woorde en dade eerstehands beleef het, kan hy 'n bevestigende belydenis maak dat Jesus die Christus was. Die wat nie so na aan Jesus geleef het nie, was nie so seker oor hulle geloof in hom nie. Party het geglo hy was 'n profeet, ander het weer gedink hy is net 'n boodskapper. Sy getroue volgelinge het egter geweet dat hyself die boodskap was. Na Petrus se belydenis het Jesus hulle probeer help om te verstaan wat sy missie was en wat dit behels om hom te volg. Jesus was egter nie die tipe Messias wat hulle verwag het nie, en om hom te volg was nie wat hulle gedink het dit sou wees nie.

Jesus maak 'n duidelike oproep aan sy volgeling; om hom te volg vereis dat jy jouself verloën, jou kruis daagliks opneem en hom volg. Dit was destyds en is vandag nog steeds moeilik om dit te doen. Deesdae word mense aangeraai om in hulself te glo, om gemaklik te lewe deur hulle eie begeertes te bevredig. Om jouself te verloën en die dinge van God na te streef voel soos die dood, maar dit is wat Jesus van ons vra. Hy sê dat ons alle beheer aan hom moet oorlaat en lyding en verwerping moet verduur, maar hy belowe ook dat ons al hoe meer soos hy sal word. Oorwinning wat deur lyding kom, kan selgs in hom plaasvind. Jesus verwag van ons om ons lewens prys te gee, maar die rede is sodat hy vir ons die ware en ewige lewe kan gee. Kan jy hoor dat hy jou roep? Is jy bereid om jouself te verloën, jou kruis op te neem en hom te volg? Vertrou jy dat hy jou na die lewe sal lei?

Gebed

Genadige God, ons dank u dat u u Seun aan ons openbaar het. Ons dank u dat Jesus die Christus is, die redder wat ons almal nodig het. Gee vir ons die genade wat ons nodig het om u te volg. U alleen is waardig en ons wil ons lewens aan u gee, maar ons het u hulp nodig. In Christus se Naam, Amen.

Kopiereg (c) 2012 deur Redeemer Presbyterian Church.
Dag 32Dag 34

Aangaande hierdie leesplan

Preparing Our Hearts for Easter: A Lenten Devotional

Wat is die Lydenstyd? Dit is die tyd wanneer ons in afwagting is vir die oorwinning wat die lig en lewe van Christus oor die duisternis van sonde en dood gebring het. Soos ons die gebeure volg van Aswoensdag tot Paasfees, word ons herinner aan die werklikheid van ons swakheid en God se verlossende genade.

More

Hierdie oordenking is geskep deur die personeel van die Redeemer Presbyterian Church en is oorspronklik geplaas op die webblad www.redeemer.com in 2012. Word gebruik met toestemming.