Ons Berei Ons Harte Voor Vir Paasfees: 'n Oordenking Tydens LydenstydVoorbeeld
"Dag 27: Die Koning wat Kom"
In die Antieke Nabye Ooste het 'n koning 'n stad binne gery op 'n oorlogsperd om te wys dat hy militêre mag het, veral as dit 'n stad was wat hy so pas verower het. Hy wou seker maak dat almal weet hy is die wettige nuwe heerser en hy nie verwerp sou word nie. Die uitsondering was as 'n geliefde koning sy eie hoofstad binne gegaan het. Dan sou hy op 'n donkie ry — die welwillende koning.
Die profeet Sagaria praat van 'n dag wat Jerusalem haar koning sal sien terug kom. Hy sal die vyand eens en vir altyd verslaan en so 'n ewige redding en nuwe regering van vrede begin. Hierdie hoop van die ware koning, wat op 'n donkie ry, het gemaak dat die skare skree: “Hosanna vir die Seun of Dawid! Geseënd is hy wat kom in die naam van die Here!” toe hulle Jesus in Jerusalem sien binne ry op 'n donkie.
En tog het die skare baie gou kwaad geword en vergelding geeis: “Kruisig Hom!” Jesus, wat voorheen as die koning verwelkom is, sou met geweldadige verwerping begroet word deur 'n vyandige skare. Die ware koning keer terug na sy hoofstad, net om uit te vind dat dit hom verraai het. Nog steeds het hy op 'n donkie geklim, nie 'n oorlogsperd nie, en die stad met vrede binne gegaan. En hy het die uiteindelike oorwinning behaal deur homself oor te gee aan die geweld van sy mense — ons geweld — so het hy ons skuld bevestig en ons vergifnis bewerkstelling in een berekende oorwinning. Ons was die vyand wat hierdie koning moes oorwin, en die prys van die oorwinning was die dood van ons geliefde koning. En hy het dit gedoen. Jubel, Sion! Juig, Jerusalem!
Gebed
Here ons juig en skree hardop omdat u u lewe gegee het om die prys te betaal vir ons verraad. Ons prys u as ons geliefde koning vir wie ons gewag het. Kom regeer in ons harte, ons lewens en in ons stad. In Christus se Naam, Amen.
Kopiereg (c) 2012 deur Redeemer Presbyterian Church.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Wat is die Lydenstyd? Dit is die tyd wanneer ons in afwagting is vir die oorwinning wat die lig en lewe van Christus oor die duisternis van sonde en dood gebring het. Soos ons die gebeure volg van Aswoensdag tot Paasfees, word ons herinner aan die werklikheid van ons swakheid en God se verlossende genade.
More
Hierdie oordenking is geskep deur die personeel van die Redeemer Presbyterian Church en is oorspronklik geplaas op die webblad www.redeemer.com in 2012. Word gebruik met toestemming.