Ons Berei Ons Harte Voor Vir Paasfees: 'n Oordenking Tydens LydenstydVoorbeeld

Preparing Our Hearts for Easter: A Lenten Devotional

DAG 21 VAN 40

"Dag 21: Die Lydende Dienaar"

Jesus was buitengewoon op verskeie maniere. As jy sy lewe sou beoordeel volgens wêreldse standaarde, sou hy heel moontlik 'n mislukking wees. Hy was arm en verstote en het 'n skandelike dood gesterf. Hy het nie gemak, mag en erkenning nagestreef soos ander mense nie.

Selfs in sy uiterlike was daar geen aanduiding dat hy die skepper en onderhouer van die heelal was nie. Hy het nie skoonheid of prag gehad sodat ander jaloers sou wees op hom nie. Tog was hy die bron van alle prag. Hy was verag en deur die mense verstoot, 'n man van lyding wat pyn geken het, iemand vir wie die mense die gesig wegdraai. Dit gaan ons verstand te bowe dat Hy geslaan, gepynig, deurboor, verbrysel en gestraf is en moes ly. Hy was die onskuldigste en regverdigste persoon wat ooit gelewe het wat dit moes deurmaak.

Jesus het dit alles verduur sodat ons dit nooit hoef te doen nie. Hy het verdriet en hartseer ondervind op 'n vlak wat ons nooit sou kon verduur nie. Hy is gestraf alhoewel hy geen sonde gehad het nie. Die laaste vers sê dat ons almal soos skape is — dom, hulpeloos en wil net ons eie pad loop, maar die Here het ons almal se sonde op hom geneem. Alhoewel hy ryk was, het hy ter wille van ons arm geword sodat ons ryk kan wees.

Gebed

Vader, ons verwonder ons aan die nederigheid en deernis van u Seun. Deur sy wonde is daar vir ons genesing. Vernuwe ons daagliks deur die vreugde van ons redding en help ons om te lewe in die verwagting van groter dinge wat kom. In Christus Naam, Amen.

Kopiereg (c) 2012 deur Redeemer Presbyterian Church.
Dag 20Dag 22

Aangaande hierdie leesplan

Preparing Our Hearts for Easter: A Lenten Devotional

Wat is die Lydenstyd? Dit is die tyd wanneer ons in afwagting is vir die oorwinning wat die lig en lewe van Christus oor die duisternis van sonde en dood gebring het. Soos ons die gebeure volg van Aswoensdag tot Paasfees, word ons herinner aan die werklikheid van ons swakheid en God se verlossende genade.

More

Hierdie oordenking is geskep deur die personeel van die Redeemer Presbyterian Church en is oorspronklik geplaas op die webblad www.redeemer.com in 2012. Word gebruik met toestemming.