Ons Berei Ons Harte Voor Vir Paasfees: 'n Oordenking Tydens LydenstydVoorbeeld
"Dag 22: Die Water"
In hierdie verse spreek die Heilige Een van Israel deur middel van Jesaja. Hy pleit met sy mense, wat op die drumpel van vernietiging staan, dat hulle sal terugkeer na die ware fontein van lewe. Dit is 'n duidelike oproep om sonder versuim na die ewige fontein van lewende water te kom. Verse 2 en 3 stel dit duidelik dat dié water die woord van God is. Die uitnodiging is om baie te kom drink: om die woord te ontvang, dit te beredeneer, jouself daarin te verheug en om daarna te luister soos nog nooit tevore nie. “Luister aandagtig” (v. 2) is letterlik “Luister-luister!” 'n oproep tot jou volle, onverdeelde aandag. Hierdie woord is bedoel om hulle te red (v. 3), om hulle te hervorm (v. 7), en hulle 'n seën te maak vir die hele wêreld (v. 5). Hulle word gevra om gemeenskap te hê met hulle barmhartige God (v. 7). Maar hulle weier om te luister (6:9).
Die Lydenstyd is 'n tyd vir ons om te erken dat ons dieselfde geneigdheid het as die toehoorders van Jesaja. Ons is geneig om God en sy woord af te skeep, hetsy met opset of nie. As ons nie gereeld tyd in die Skrif spandeer nie, kry ons geestelike geheueverlies. Ons vergeet dat dit soeter as heuning en druppels uit 'n heuingkoek is (Psalm 19:10). Lydenstyd is 'n uitnodiging om Christus te sien soos wat die vrou by die put hom gesien het — as die rein, oneindige versadiging van ons dorstige siele. Ons word uitgenooi om soveel as moontlik van die fontein te drink. Wie van die water drink wat Ek hom sal gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie. Die water wat Ek hom sal gee, sal in hom 'n fontein wees met water wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee (Johannes 4:14).
Gebed
Genadige Here, u roep ons met deernis. Wees genadig en maak ons ore oop om u stem te hoor en terug te keer na u toe. Verwyder die skille van ons oë en maak die geheiminisse van u woord aan ons bekend. U wonderlikhede word daarin openbaar. Wees ons vreugde. Wees ons bevrediging. Maak 'n nuwe verwagting in ons wakker. Die wat op u vertrou sal nooit teleurgestel word nie. Wonderlike HERE, ons behoort aan u. In Christus se Naam, Amen.
Kopiereg (c) 2012 deur Redeemer Presbyterian Church.

Aangaande hierdie leesplan
Wat is die Lydenstyd? Dit is die tyd wanneer ons in afwagting is vir die oorwinning wat die lig en lewe van Christus oor die duisternis van sonde en dood gebring het. Soos ons die gebeure volg van Aswoensdag tot Paasfees, word ons herinner aan die werklikheid van ons swakheid en God se verlossende genade.
More
Hierdie oordenking is geskep deur die personeel van die Redeemer Presbyterian Church en is oorspronklik geplaas op die webblad www.redeemer.com in 2012. Word gebruik met toestemming.