Ons Berei Ons Harte Voor Vir Paasfees: 'n Oordenking Tydens LydenstydVoorbeeld

"Dag 19: Die Dienaar Israel"
Hoe weet ons dat God goed is? Jesaja 49 begin as 'n brief wat aan alle nasies gestuur word (v. 1, “eilande … nasies wat ver is”), maar dit word aan die mense van Israel voorgelees en hulle hoor dit. Die skrywer is dus eintlik besig om met almal te praat. Die Jode is in ballingskap weggevoer en het verlang om terug te gaan na hulle land. Hulle het gewonder waar hulle redding vandaan sou kom. Jesaja verkondig dat “die dienaar” (v. 3), wat voorberei is vir so 'n tyd, die een sal wees wat die mense terug lei, maar die metode wat hy gebruik sou nie deur oorlog wees nie, maar deur die krag van sy woord (v. 2). Dus, wat hy sê en doen sal nie net fisiese redding bring nie, maar ook geestelike redding.
Die kinkel in die kabel is dat hierdie geheimsinnige dienaar Israel genoem word (v. 3) — en alhoewel hy 'n persoon is, is hy die ideale persoon wat al die karaktertrekke besit wat die nasie van Israel moes gehad het. Om hierdie teks te verstaan moet ons onthou dat die nasie van Israel veronderstel was om 'n seën vir alle nasies te wees (Genesis 12), 'n opdrag wat hulle nooit vervul het nie. Wie sal dit dan doen? Hierdie man sou perfek moes wees om die ideale weergawe van Israel te wees en sou nie net die Jode moes red nie — sodat God vereer kon word (v. 3), hy moes ook “ 'n lig vir die nasies” wees (v. 6).
Ons weet dat God goed is, want hy het gesien hoe sy mense en die res van die wêreld afdwaal en hy het hulle terug gebring sodat hulle in 'n verhouding met hom kon staan (v. 5). Hoe? Ons vertaling sê in v. 6, “sodat die redding wat Ek bewerk, die uithoeke van die aarde sal bereik,” maar in die Hebreeuse taal is dit eenvoudiger, “om my redding te wees tot die uithoeke van die aarde.” Jesus, die dienaar, is nie net die weg tot God se redding nie, maar hy is self daardie redding — deur middel van sy dood en lewe.
Gebed
Here Jesus, dienaar wat ons leiding op uself geneem het en ons Verlosser, u het ons verhouding met u herstel. U was en is ons redding. U het ons met u lewe gekoop. U het ons gered van 'n gewisse dood. Gee ons harte van vlees wat warm klop as gevolg van u goedheid en liefde vir ons, wat u bewys het deur u dood en opstanding. In Christus Naam, Amen.
Kopiereg (c) 2012 deur Redeemer Presbyterian Church.

Aangaande hierdie leesplan

Wat is die Lydenstyd? Dit is die tyd wanneer ons in afwagting is vir die oorwinning wat die lig en lewe van Christus oor die duisternis van sonde en dood gebring het. Soos ons die gebeure volg van Aswoensdag tot Paasfees, word ons herinner aan die werklikheid van ons swakheid en God se verlossende genade.
More
Hierdie oordenking is geskep deur die personeel van die Redeemer Presbyterian Church en is oorspronklik geplaas op die webblad www.redeemer.com in 2012. Word gebruik met toestemming.