Ons Berei Ons Harte Voor Vir Paasfees: 'n Oordenking Tydens LydenstydVoorbeeld

Preparing Our Hearts for Easter: A Lenten Devotional

DAG 17 VAN 40

"Dag 17: Die Naam"

Tydens die inhuldiging van 'n koning van Israel, sou die Israeliete 'n gebed soos Psalm 72 bid. Hierdie gebed is beide 'n erkenning van die koning en ook 'n stel verwagtinge en kriteria vir hulle leier. Deur die koning het seëninge van God na die mense gekom en dit was van hom verwag om die goddelike standaarde van reg en geregtigheid te handhaaf. Hulle het van die koning verwag om medelye te toon en verlossing te bied aan die swakkes. Dit was nie verkeerd van hulle om dit te verwag nie.Die mense het hulle hoop geplaas in die karakter van die een wat die koning gesalf het. Die God van Israel is van nature 'n redder en helper vir die hulpeloses, dus moet die koning ook so wees. As gevolg van dié hoop, het die mense gebid dat die koning se naam sou voortbestaan en dat hy sy verpligtinge teenoor die swakkes sou nakom. Gebede vir hom het dus gehelp om almal se veiligheid en geluk te verseker.

Van toe af tot nou kon geen koning of leier nog daarin slaag om hierdie goddelike standaarde na te kom nie. Deesdae het baie mense geloof verloor in hulle leiers en vertrou hulle nie. Ander spandeer weer hulle lewe en geld om een of ander naam te bevorder wat hulle dink hulle kan red. As volgelinge van Christus kan ons weet dat God ons die Een gegee het in wie se naam die behoeftiges, armes en hulpeloses waarlik redding kan vind. Ons kan weet dat ons in Christus 'n koning het wat nie net besorg is oor ons behoeftes en lyding nie, maar wie ook met ons kan identifiseer met soveel deernis. Ons kan ook weet dat as ons bid dat die naam van Christus mag voortbestaan, dit vrede en seëninge vir ons almal sal inhou. Weet jy dat die Koning waarlik vir jou en al jou behoeftes omgee? Het jy al tot hom geroep?

Gebed

Almagtige God, ons prys u dat u Seun die koning is wat ons almal nodig het; ons prys u dat sy meegevoel geen gelyke het nie. Help ons om u as ons regverdige koning te vertrou en te gehoorsaam en mag u naam vir ewig geprys word. In Christus se Naam, Amen.


Kopiereg (c) 2012 deur Redeemer Presbyterian Church.
Dag 16Dag 18

Aangaande hierdie leesplan

Preparing Our Hearts for Easter: A Lenten Devotional

Wat is die Lydenstyd? Dit is die tyd wanneer ons in afwagting is vir die oorwinning wat die lig en lewe van Christus oor die duisternis van sonde en dood gebring het. Soos ons die gebeure volg van Aswoensdag tot Paasfees, word ons herinner aan die werklikheid van ons swakheid en God se verlossende genade.

More

Hierdie oordenking is geskep deur die personeel van die Redeemer Presbyterian Church en is oorspronklik geplaas op die webblad www.redeemer.com in 2012. Word gebruik met toestemming.