Ons Berei Ons Harte Voor Vir Paasfees: 'n Oordenking Tydens LydenstydVoorbeeld
"Dag 12: Die Klip"
In die gelykenis van die slegte huurders verhuur die eienaar van 'n wingerd sy grond aan ander en gaan dan op 'n oorsese reis. Terwyl hy weg is stuur hy sy werkers om sy deel van die vrug van die land in te vorder, maar die huurders slaan sy werkers en maak hulle dan dood. Einde ten laaste stuur hy sy seun om die vrugte in te vorder. Hy redeneer as volg: “Hulle sal tog my seun ontsien” (Markus 12:6). Maar hy was verkeerd. Hulle het sy seun ook doodgemaak.
Jesus verduidelik wat die gelykenis beteken deur Psalm 18 aan te haal: “Julle het tog al die skrif gelees: ‘Die klip wat deur die bouers afgekeur is, juis hy het die belangrikste klip in die gebou geword. Dit is deur die Here gedoen en is 'n wonder in ons oë’” (Markus 12:10-11, cf. Matteus 21:42). Met ander woorde, God is die eienaar van die wingerd. Die huurders is sy volgelinge. Hulle was veronderstel om hom die vrug van hulle lewe te gee deur aanbidding en gehoorsaamheid. Maar hulle het die profete en boodskappers verwerp. Einde ten laaste stuur hy sy Seun. Maar hulle het hom ook verwerp. Hulle het teen hom gerebelleer en wou hom nie respekteer en eer as die Seun van God nie. In plaas daarvan het hulle hom doodgemaak.
Nogtans was Jesus nie ontsenu deur 'n klomp kwaai, onbeheersde mense nie. Sy verwerping was deel van God se plan — “dit is deur die Here gedoen.” Dit is “'n wonder in ons oë”, want Christus se dood het die dood self oorwin. Ons is bly dat God Jesus uit die graf laat opstaan het en hom die hoeksteen gemaak het van die verlossing wat daar is vir elkeen wat glo. Om die rede sal elkeen wat lewe en in Hom glo in alle ewigheid nooit sterf nie (Johannes 11:25-27).
Gebed
Here, u laat alles uitwerk volgens u goeie wil. Alhoewel dit gelyk het of Christus se dood 'n nederlaag was, het u hom geregverdig deur hom uit die dood uit op te wek. Daarom kan ons sing: “Ek sal nie sterwe nie, ek sal lewe en van die dade van die Here getuig” (Psalm 118:17). Hy is ons verlossing. Dit is 'n wonder in ons oë. In Christus se Naam, Amen.
Kopiereg (c) 2012 deur Redeemer Presbyterian Church.

Aangaande hierdie leesplan
Wat is die Lydenstyd? Dit is die tyd wanneer ons in afwagting is vir die oorwinning wat die lig en lewe van Christus oor die duisternis van sonde en dood gebring het. Soos ons die gebeure volg van Aswoensdag tot Paasfees, word ons herinner aan die werklikheid van ons swakheid en God se verlossende genade.
More
Hierdie oordenking is geskep deur die personeel van die Redeemer Presbyterian Church en is oorspronklik geplaas op die webblad www.redeemer.com in 2012. Word gebruik met toestemming.