Ons Berei Ons Harte Voor Vir Paasfees: 'n Oordenking Tydens LydenstydVoorbeeld
"Dag 14: Die Pleitrede"
In 'n gebroke wêreld pleit die psalmis by God om met sy vals beskuldigers af te reken. Die idee om so 'n versoek (“Laat my teëstanders met skande oordek word”) te rig, kan ongewoon wees vir mense wat nie direk met die onregverdigheid van oorlog, volksmoord of seks handel te doen kry nie. En tog, op een of ander stadium het almal van ons gekies om kwaad met kwaad te vergeld. Maar in plaas daarvan om die onreg op sy eie aan te spreek, neem die psalmis die ongeregtighede na God en vra hom om namens hom op te tree. Hy laat toe dat 'n regverdige en heilige God met die mense afreken wat hom verontreg het, in plaas daarvan om sy eie vergelding te soek.
As God net vergewinsgesind was en nie regverdig nie, sou ons nêrens gehad om na toe te gaan as iemand teenoor ons gesondig het nie. Maar God se heiligheid sal nie onreg toelaat nie. Dit mag dalk vertroostend klink, maar ons moet onthou dat ons ook onregverdig is, so indien daar nie vir ons 'n oplossing is nie, sal ons ook veroordeel word met dieselfde oordeel as ons onderdrukkers. Die enigste rede hoekom die psalmis (of ons) by God kan pleit is omdat Christus alreeds namens ons gepleit het. Toe Christus na God uitgeroep het aan die kruis, is hy verwerp en bespot omdat hy die plek ingeneem het van 'n sondige mensdom. Ons kan ons nou op God beroep omdat hy deur Christus, wat sonder sonde is, na ons kyk. Christus het by God gepleit namens ons.
Gebed
God, onse Vader, ons prys u omdat u Christus gestuur het om ons dade van ongeregtigheid teenoor u te bedek. Daarom kan ons in 'n verhouding met u staan, u wat perfek en heilig is. Ons dank u dat u na ons pleitredes luister as ons verontreg is en ons weet dat u na ons luister met deernis en genade. Help ons om ons op u te beroep in plaas daarvan om ons eie vergelding te soek as iemand ons verontreg. In Christus se Naam, Amen.
Kopiereg (c) 2012 deur Redeemer Presbyterian Church.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Wat is die Lydenstyd? Dit is die tyd wanneer ons in afwagting is vir die oorwinning wat die lig en lewe van Christus oor die duisternis van sonde en dood gebring het. Soos ons die gebeure volg van Aswoensdag tot Paasfees, word ons herinner aan die werklikheid van ons swakheid en God se verlossende genade.
More
Hierdie oordenking is geskep deur die personeel van die Redeemer Presbyterian Church en is oorspronklik geplaas op die webblad www.redeemer.com in 2012. Word gebruik met toestemming.