Ons Berei Ons Harte Voor Vir Paasfees: 'n Oordenking Tydens LydenstydVoorbeeld
"Dag 7: Die Gebed"
Daar is twee stories in hierdie tien verse. Die eerste storie is Hanna s'n, 'n onvrugbare vrou wat begeer om 'n kind te hê en 'n lewe met 'n doel, 'n vrou wat van haarself gered is deur God se genade. Die tweede storie is dié van God se volk wat elke jaar na Silo toe reis om “te aanbid en offers te bring aan die Here.” Hierdie twee vertellings is vervleg in 1 Samuel 1, en in die middel van die twee weergawes vind ons wat bekend staan as “Hanna se Gebed.”
Daar is geen beter beeld van 'n gebroke wêreld nie as die van die "onvrugbare" vrou (veral in antieke kulture). Die druk op 'n vrou om 'n erfgenaam voort te bring en so 'n erfenis in Israel te verseker, was so geweldig, dat "onvrugbaarheid" beskryf kan word as 'n fisiese sowel as 'n sosiale toestand. Na jare se lyding erken Hanna dat haar hartseer sonde is en haar rou 'n "ellende" geword het. (1 Samuel 1:11) Sy het dus by Silo 'n offer aan die Here gebring van dit wat haar so lank 'n slaaf gemaak het. Nadat sy berou getoon het, het sy belowe dat as die Here haar 'n seun sou gee, sy hom aan die Here sou wy in plaas daarvan om haar kind as bewys van haar waarde as mens voor te hou aan dié wat haar veroordeel het. Sy het gou swanger geraak en het haar seun na Eli die priester geneem om in die tempel te dien. Hierdie seun was Samuel, die eerste van die groot Ou Testament profete.
As enige ouer gedink het sy kind is kosbaar, was dit Hanna. Nogtans moes sy geweet het dat sy slegs vir 'n kort rukkie 'n rol in sy lewe sou speel. As ons sien hoe Hanna “jubel in die Here” uit haar hart uit, en “krag vind” in hom (v. 1), word sy herstel deur die een ding wat waar en permanent is in hierdie wêreld (v. 2). Hanna het verstaan dat agter elke toestand, hetsy fisies of geestelik, is die Here se krag aan die werk, en nie haar eie nie. (vv. 6-8). Sy het haar verheug in dié wete en is so vrygemaak.
Gebed
Hemelse Vader, alhoewel ons nie almal dieselfde dinge as Hanna begeer nie, ly ons ook terwyl ons sukkel om die tydelike dinge in die lewe permanent te maak. Help ons om ons sonde te erken en te bely en dan ons krag te put uit die Rots, U Seun, Jesus Christus. In Christus se Naam, Amen.
Kopiereg (c) 2012 deur Redeemer Presbyterian Church.

Aangaande hierdie leesplan
Wat is die Lydenstyd? Dit is die tyd wanneer ons in afwagting is vir die oorwinning wat die lig en lewe van Christus oor die duisternis van sonde en dood gebring het. Soos ons die gebeure volg van Aswoensdag tot Paasfees, word ons herinner aan die werklikheid van ons swakheid en God se verlossende genade.
More
Hierdie oordenking is geskep deur die personeel van die Redeemer Presbyterian Church en is oorspronklik geplaas op die webblad www.redeemer.com in 2012. Word gebruik met toestemming.