Onthou Alles Wat God Gedoen HetVoorbeeld

Remembering All God Has Done

DAG 1 VAN 5

God is 'n magtige God. Niks is vir Hom onmoontlik nie. Hy kan berge versit, die son tot stilstand bring en die siekes gesond maak. In Josua hoofstuk 4 lees ons hoe God die magtige taak verrig het om die Israeliete na die Beloofde Land te bring. God het die Israeliete vanuit slawerny tot in vryheid gebring soos Hy hulle belowe het. As gevolg van die magdom van wat Hy gedoen het, wou God nie hê die Israeliete moes vergeet wat Hy vir hule gedoen het nie. God wou die Israeliete verewig die wonderwerk wat Hy gedoen laat onthou en hoe 'n magtige en kragtige God Hy is. Dink so bietjie terug. God het wonderbare dinge in jou lewe gedoen. Hy het jou dalk wonderwerkend genees of verlos van 'n verslawing tot in jou eie Beloofde Land. Maak vandag tyd om te dink aan al die groot dinge wat God vir jou gedoen het. Prys Hom en belowe Hom dat jy nooit die wonderlike dinge wat Hy gedoen het sal vergeet nie.
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Remembering All God Has Done

Dit is natuurlik vir ons om na die toekoms te kyk, maar ons moet nie vergeet van die verlede nie. Hierdie plan is geskep vir jou om oor 'n 5 dae periode te herrinner aan alles wat God gedoen het om jou die persoon te maak wie jy vandag is. Elke dag sal jy 'n Bybel leesstuk en 'n kort toeweiding hê om die gebeurtenisse op jou tog met Christus te help onthou.

More

We would like to thank LifeChurch.tv for providing this plan. For more information, please visit: www.lifechurch.tv