VerlossingVoorbeeld

Redemption

DAG 4 VAN 7

Wat het ná Jesus se dood gebeur?

Ná drie dae het Jesus liggaamlik uit die dood opgestaan en 'n leë graf agtergelaat.

Wat beteken Jesus se opstanding? Ons weet dat sy kruisiging vir ons sondes betaal het, maar wat van sy opstanding? Wat bereik dit, en waarom is dit belangrik?

Is Jesus se opstanding net 'n dramatiese bewys dat Jesus God is — dat Hy is wie Hy gesê het Hy is? Of is dit net wat moes gebeur het sodat Jesus na sy dood, hemel toe kon gaan?

Daar is 'n misverstand oor die opstanding omdat daar 'n misverstand is oor die kruisiging. Wat het die kruisiging immers eintlik bereik?

Jakobus 1:15 sê vir ons dat afgodediens, dit wil sê om ander dinge voor God te stel, tot sonde lei, en sonde lei tot die dood. As Jesus se kruisiging dus sonde oorwin het, en as sonde tot die dood lei, dan maak dit sin dat Jesus se kruisiging 'n oorwinning oor die dood meegebring het. Maar hoe?

Dit werk as volg: as die mag van die dood in sonde gesetel is, en sonde is oorwin, dan het die dood sy mag verloor.

Dit is hoekom die dood nie vir Jesus kan vashou nie. Dit is hoekom die graf Hom nie kon binnehou nie. Omdat Hy die sonde oorwin het en daarom die dood oorwin het. Dit is wat die opstanding beteken. Dit is 'n bewys dat die kruis gewerk het! Deur Jesus uit die dood op te wek, het God bewys dat sonde en die dood eens en vir altyd verslaan is.

Die oorwinning oor die dood is nie net van toepassing op Jesus nie, dit is waar vir almal wat hul vertroue in Jesus stel! Eendag, wanneer Jesus terugkom, sal die dood geheel en al verswelg word, en Christene sal vir ewig saam met Jesus lewe.

Bestee vandag 'n bietjie tyd om God te dank dat Hy Jesus uit die dood opgewek het.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Redemption

Feed se Kategismus is 'n reeks vrae en antwoorde wat individue in staat stel om die Skrif te verken en die verhaal van God te ontdek. Dit is geskryf deur 'n uiteenlopende span teoloë en leraars van kerke, en word toegelig deur die groot kategese uit die geskiedenis. Dit is deel vyf van nege in die Feed Kategismus leesplanreeks: Skepping, Sondeval, Verbond en Wet, Vleeswording, Verlossing, Genade en Vergifnis, Die Heilige Gees, Die Kerk en Nuwe Skepping.

More

Ons wil graag vir OneHope bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://feed.bible