VerlossingVoorbeeld

Redemption

DAG 7 VAN 7

Wat beteken Jesus se hemelvaart vir die wêreld?

Jesus sit in 'n posisie van mag aan die Vader se regterhand, waar Hy vir sy volk voorspraak doen en as Here oor almal en alles regeer.

Baie van ons ondervind spanning en angstigheid. Ons is bekommerd oor ons lewens, ons gesin, ons vriende of selfs die wêreld. Ons wonder of dinge reg sal uitwerk. Ons kyk om ons en vra: is alles net 'n kwessie van blinde toeval?

Die Bybel leer ons dat Jesus na sy lewe, dood en opstanding na die hemel opgevaar het. Dit beteken nie dat Jesus ons alleen gelaat het nie. Dit beteken nie dat Jesus net na die Vader teruggegaan het om die lewe in die hemel te geniet nie.

Dit beteken dat Jesus opgevaar het na die troon van die hemel, die troon van die heelal, om in beheer te wees. Ons kan vertrou dat Jesus die verloop van die geskiedenis bestuur.

Dit beteken ook, soos Paulus en die skrywer van die brief aan die Hebreërs sê, dat Jesus ons groot, hemelse Hoëpriester is wat voortdurend namens ons by die Vader pleit. Te midde van ons verwarring en pyn kan ons moed skep in die feit dat die God van die heelal aan ons kant is.

Dit beteken nie dat niks wat sleg is ooit met die wêreld, met ons of met ons familie sal gebeur nie. Dit beteken egter wel dat die koning van die heelal uiteindelik aan ons kant is. Hy is lief vir ons en wil alles tot ons beswil laat meewerk tot in die ewigheid. Alhoewel slegte dinge dus sal gebeur, moet ons nie deur spanning en angstigheid geteister word nie. Ons kan ons sorge na God neem omdat Hy vir ons omgee. Hy belowe 'n vrede wat voortspruit uit die wete dat God almagtig en liefdevol is. Ons weet dit sonder twyfel, want Jesus het na die troon van die heelal opgevaar en Hy is in beheer. Hy is daar waar Hy namens ons intree en ons saak bepleit.

Ruim vandag tyd in om God te dank dat Hy in beheer is, en vra Hom om jou lewe te rig en jou te help om selfs in moeilike omstandighede op Hom te vertrou.

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Redemption

Feed se Kategismus is 'n reeks vrae en antwoorde wat individue in staat stel om die Skrif te verken en die verhaal van God te ontdek. Dit is geskryf deur 'n uiteenlopende span teoloë en leraars van kerke, en word toegelig deur die groot kategese uit die geskiedenis. Dit is deel vyf van nege in die Feed Kategismus leesplanreeks: Skepping, Sondeval, Verbond en Wet, Vleeswording, Verlossing, Genade en Vergifnis, Die Heilige Gees, Die Kerk en Nuwe Skepping.

More

Ons wil graag vir OneHope bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://feed.bible