VerlossingVoorbeeld

Redemption

DAG 6 VAN 7

Wat het gebeur nadat Jesus uit die dood opgewek is?

Ná sy opstanding het Jesus in fisieke vorm aan sy dissipels verskyn en hulle oor die koninkryk van God geleer. Toe het Hy na die hemel opgevaar.

Een van die mees verwaarloosde aspekte van die evangelieverhaal is Jesus se hemelvaart. Maar wat is die hemelvaart, en wat het dit bereik?

Lukas vertel ons die basiese verhaal in Handelinge 1.

Jesus is gekruisig en begrawe. Hy het die dood oorwin en uit die dood opgestaan. Daarna het Hy sy dissipels in Jerusalem ontmoet en vir hulle gesê om daar te bly totdat sy Heilige Gees oor hulle kom. Jesus het vir hulle gesê dat die Heilige Gees op hulle sou kom en hulle in staat stel om sy getroue getuies vir die wêreld te wees.

Toe het daar iets vreemds gebeur. 'n Wolk het Jesus omring en hom hemel toe geneem. Hy het verdwyn!

Waarom het Jesus hemel toe gegaan? Het Hy ons verlaat?

Natuurlik nie!

In die Bybel is die punt van die hemelvaart nie dat Jesus weggaan nie. Die punt is dat Hy hemel toe gaan om op die troon van die heelal geplaas te word. Hy is in beheer van alles! En sy plan is om sy koninkryk deur die wêreldwye kerk te vestig.

Dit voel na 'n skrikwekkende idee. Jesus is van plan om sy koninkryk op aarde deur ons te vestig? Hy ken ons intiem en dink nog steeds dat Hy hierdie reusetaak aan ons wil oorlaat? Wel, nie deur ons eie krag nie. Dit is waar die ander sleutel element van die hemelvaart inkom. Wanneer Jesus na die hemel opvaar, stort hy sy Heilige Gees op die kerk uit om ons krag te gee!

Die krag om wat te doen? Die antwoord is eenvoudig en opwindend! Die krag van die Gees is om ons effektiewe getuies vir Jesus en vir sy koninkryk te maak.

Staan vandag tyd daaraan af om vir die kerk te bid. Vra vir God om jou te gebruik om aan ander sy liefde te bewys, en om van jou 'n meer getroue en effektiewe getuie te maak vir die mense wat Hy om jou plaas.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Redemption

Feed se Kategismus is 'n reeks vrae en antwoorde wat individue in staat stel om die Skrif te verken en die verhaal van God te ontdek. Dit is geskryf deur 'n uiteenlopende span teoloë en leraars van kerke, en word toegelig deur die groot kategese uit die geskiedenis. Dit is deel vyf van nege in die Feed Kategismus leesplanreeks: Skepping, Sondeval, Verbond en Wet, Vleeswording, Verlossing, Genade en Vergifnis, Die Heilige Gees, Die Kerk en Nuwe Skepping.

More

Ons wil graag vir OneHope bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://feed.bible