Lentesade: 'n Vrou se 40 Dae Reis Voorbeeld

Seeds of Spring: A Woman's 40-day Journey

DAG 2 VAN 40

INLEIDING: Plant Jou Tuin Vir 'n Oorvloedige Oes

Die onvergangklike saad - die Woord van God! (1 Petrus 1:23, Lukas 8:11). Argeoloë het 'n hele paar jaar gelede koringsaad in een van die piramides ontdek. Dit was duisende jare oud, gedateer rondom 2500BC. Nadat hierdie 4500-jaar-oue koringsaad in vrugbare grond geplant is, het dit ontkiem en begin groei! "Julle is immers weergebore, nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike saad: die lewende en ewige woord van God. Want 'Die mens is soos gras, en al sy prag soos 'n veldblom; die gras verdor en die blom val af, maar die woord van die Here, dít bly vir ewig.'En hierdie woord is die evangelie wat aan julle verkondig is." (1 Petrus 1:23-25)

In sy brief aan die Efese, het Paulus die gelowiges die onverstaanbare erfporsie, wat hulle ontvang het nadat hulle as kinders van God aangeneem is, probeer laat verstaan! Ons elkeen is soveel meer gegee as wat ons kan hanteer, en ongelukkig bly dit wat ons toekom opgesluit in manjifieke silos omdat ons nog nie weet wat dit beteken om "in Hom" te wees nie. Totdat ons nie in geloof besit neem van ons oorvloedige erfporsie nie, gaan dit net daar lê, dormant, sonder lewe en sonder enige vrug.

Kom ons neem besit van daardie silos, vat die saad en plant dit in vrugbare grond, en oes 'n buitensporige, ewige opbrengs. Die Bybel leer ons dat geloof is 'n gawe wat ons kan kry "...deur die prediking wat 'n mens hoor, en die prediking wat ons hoor, is die verkondiging van Christus." (Romeine 10:17) Ons moet onsself posisioneer vir die "hoor" van God se woord deur tyd in Sy woord te spandeer, dit te bestudeer en daaroor te peins. Soos ons deur die krag van die Heilige Gees Sy woord hoor, moet dit in ons harte lewend word deur die keuse wat ons maak om dit te glo en daarvolgens te lewe deur die leiding van die Heilige Gees. Wanneer ons dit doen, plant ons saad van geregtigheid wat 'n oes van geregtigheid voortbring.

SLUIT AF MET GEBED
Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Seeds of Spring: A Woman's 40-day Journey

Die Bybel maak gereeld gebruik van seisoene as illustrasies van God se werk in ons. Hierdie 40-dae Dagstuk vir Vroueword 'n tuin gebruik as voorbeeld vir haar groei in Christus. Jy sal elke dag "Saad van Waarhede"(Skrifverse) ontvang asook riglyne oor hoe om die "Saad te Plant"(Ter harte te neem) en "Gee Die Saad Water"(Toepassing). Raak opgewonde! Die Here wil 'n pragtige tuin van Sy karakter in jou hart kom plant - wat oorloop van Sy volheid. Ideaal vir besige moeders, enkelvroue en studente.

More

We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: http://www.thistlebend.org/