Lentesade: 'n Vrou se 40 Dae Reis Voorbeeld
BEREI DIE GROND VOOR
Lees Lukas 8:9-15
Jesus was besig om deur die dorpies te beweeg en die goeie nuus van die Koninkryk van God te verkondig. Mense uit verskillende oorde het gekom om Hom te sien. Toe Hy die menigte sien, het Hy vir hulle 'n gelykenis vertel. Aan die wat na Hom geluister het, het Jesus beskryf hoe die saad, Sy woord, op vier verskillende harte sal val:
Sommige het in die wandelpad geval, ander op klippe. En sommige tussen die dorings.
Daar was ook die wat in goeie grond geval het en 'n honderdvoudige oes gelewer het.
Jesus het na almal uitgeroep: "As iemand ore het, laat hom hoor."
Slegs die met een tipe hart kan waarlik hoor. Heel duidelik is daar die wat glad nie aandag gee nie. Maar, van die wat hoor, gee slegs 'n paar regtig aandag. J.C. Ryle het gesê dat dit 'n gelykenis van universele toepassing is. Dit waarna verwys word, vind deurentyd in alle gemeentes waar die woord van God verkondig word, plaas. Die vier verskillende harte waarna verwys word, is in elke gemeente wat die woord hoor, sigbaar. Hierdie faktore moet maak dat ons die gelykenis met groot ontsag lees. Terwyl ons dit lees, moet ons vir onsself sê, "Hierdie is op my van toepassing. My hart is in hierdie gelykenis. Ek is ook hierin."
Hy wat ore het, laat hom hoor.
Jou hart word in hierdie gelykenis verteenwoordig. Vra die Here hierdie week om jou te help om die toestand van jou hart raak te sien.
Dank God dat Hy Sy woord aan jou bekend maak.
Bely dat jy 'n behoefte het dat die Heilige Gees die ware toestand van jou hart sal openbaar.
Dank die Here dat Hy jou nader na Hom toe trek.
Vra die Here om jou hart nederig en ontvanklik te hou vir Sy woord.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die Bybel maak gereeld gebruik van seisoene as illustrasies van God se werk in ons. Hierdie 40-dae Dagstuk vir Vroueword 'n tuin gebruik as voorbeeld vir haar groei in Christus. Jy sal elke dag "Saad van Waarhede"(Skrifverse) ontvang asook riglyne oor hoe om die "Saad te Plant"(Ter harte te neem) en "Gee Die Saad Water"(Toepassing). Raak opgewonde! Die Here wil 'n pragtige tuin van Sy karakter in jou hart kom plant - wat oorloop van Sy volheid. Ideaal vir besige moeders, enkelvroue en studente.
More
We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: http://www.thistlebend.org/