Lentesade: 'n Vrou se 40 Dae Reis Voorbeeld
BEREI DIE GROND VOOR
Lees Lukas 8:4-8
Die saad van God wat in vrugbare grond geplant word, is die enigste saad wat op die einde vrug dra. Hoe lyk 'n "goeie en eerlike" hart? Watter soort luisteraar is dit? Dit is die een wat dit met die hoor van God se woord ter harte neem, luister, bely, glo en gehoorsaam. Dit is die soort hart waarin saad kan ontkiem, wortel skiet, groei en volgroeide vrugte dra.
Hoe ontvang jy God se woord?
Jesus vertel ons hierdie gelykenis sodat ons, ons self kan ondersoek: Het ek ore wat kan hoor? Het ek 'n hart wat kan reageer op God se woord in belydenis, geloof en gehoorsaamheid?
As ek terugkyk op my lewe as 'n self-erkende Christen, besef ek dat vir die eerste tien jaar van my belydenis, die onkruid van die wêreld die woord van God in my lewe gewurg het. Ek het die wêreld meer lief gehad. Die "Regte Lewe" was vir my te belangrik. God se woord het op die grond van my hart geval en begin groei, maar die bekommernisse van die wêreld het die belangrikheid van God en sy koninkryk oorweldig. Gelukkig het God my nie net gelos nie; Hy het my gered. Dis asof hy 'n spitvurk saamgevat het na my hart toe. Maar dit sou nie genoeg gewees het nie. Hy het my 'n splinternuwe hart gegee. Die saad wat Hy toe in my nuwe hart geplant het, het ontkiem en gegroei. Van daardie dag af het my hart heeltemal anders op Sy woord gereageer. Dit verbly homself in God se woord.
Lees Psalm 1
As jou hart hom verbly in God en Sy woord, gee Hom eer en dank Hom! Dank God vir die groot, onpeilbare geskenk wat jy ontvang het en vertroetel dit! As jou hart nie sy vreugde in die woord van God vind nie, moenie moed verloor nie, moenie opgee of wegloop nie. Bely dit aan God. Niemand anders kan die grond van jou hart weer vrugbaar maak nie. Vra die Here se vergifnis en om jou vry te maak van alle ongeregtigheid. " Heer laat U lewende woord ons harte deurboor en 'n oorvloedige oes van geregtigheid produseer."
Oor die volgende paar weke, neem God se woord en vra Hom om jou te help om dit deur gehoorsaamheid in geloof te laat lewe. Vra Hom om jou te help om 'n oorvloedige oes van geregtigheid te lewer.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die Bybel maak gereeld gebruik van seisoene as illustrasies van God se werk in ons. Hierdie 40-dae Dagstuk vir Vroueword 'n tuin gebruik as voorbeeld vir haar groei in Christus. Jy sal elke dag "Saad van Waarhede"(Skrifverse) ontvang asook riglyne oor hoe om die "Saad te Plant"(Ter harte te neem) en "Gee Die Saad Water"(Toepassing). Raak opgewonde! Die Here wil 'n pragtige tuin van Sy karakter in jou hart kom plant - wat oorloop van Sy volheid. Ideaal vir besige moeders, enkelvroue en studente.
More
We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: http://www.thistlebend.org/