In Die Stilte Van Die MôreVoorbeeld
’n Gebed wanneer ek MOEG is
Wanneer ek uitgeput is, maar moet aanhou
Here Jesus, ek smag daarna om te rus, maar dit is een van daardie tye in die lewe wanneer ek nie kan breek nie. Hoewel dit amper onmoontlik is om op hierdie stadium genoeg rus te kry, weet ek dat my moegheid ’n geleentheid is om u trou te ervaar.
Bemagtig my asseblief deur u Heilige Gees om die taak net so goed te voltooi as wat ek daarmee begin het. Laat my moegheid die instrument wees waardeur u krag en mag helder skyn. Ek bid dat, hoewel my liggaam moeg is, U vir my vrede sal bring terwyl ek voortgaan.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die lewe bring soveel bekommernisse en uitdagings oor ons pad. Ons wéét gebed is eenvoudig om met God te praat. Ons wéét ons kan enige tyd na Hom toe gaan en oor enigiets bid. Maar soms is dit vir ons almal moeilik om die regte woorde te vind. Raak vandag stil en gebruik hierdie 10 gebede uit IN DIE STILTE VAN DIE MÔRE as wegspringplek van ’n rustyd by God.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za