In Die Stilte Van Die MôreVoorbeeld
’n Gebed oor BEKOMMERNIS
Waar kan ek vrede vind wanneer bekommernis my oorweldig?
Here God, U is deeglik bewus van my angstige hart. Ek erken dat ek my oor byna alles bekommer, en ek weet dat dit die verkeerde aanwending is van die verbeelding wat U vir my gegee het. Die meeste van die dinge waaroor ek my bekommer, gebeur nooit eens nie. Wanneer ek my dus bekommer, mors ek my tyd en emosionele energie onnodig.
Here, ek wil op U vertrou. Verander asseblief my angstige hart na ’n vredevolle hart. Wanneer bekommernis my oorweldig, herinner my om daardie angstige gedagtes in gebede te verander waardeur ek my bekommernisse vir U gee. Help my dan om hulle te laat vaar in die besef dat daar geen probleem is wat U nie kan oorwin nie. Help my om vrede te vind in die wete dat U vir my sorg. Wanneer ek op U vertrou, hoef ek my nie te bekommer nie. Dankie daarvoor, Here.
Hierdie oordenkings is saamgestel uit IN DIE STILTE VAN DIE MÔRE © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die lewe bring soveel bekommernisse en uitdagings oor ons pad. Ons wéét gebed is eenvoudig om met God te praat. Ons wéét ons kan enige tyd na Hom toe gaan en oor enigiets bid. Maar soms is dit vir ons almal moeilik om die regte woorde te vind. Raak vandag stil en gebruik hierdie 10 gebede uit IN DIE STILTE VAN DIE MÔRE as wegspringplek van ’n rustyd by God.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za