In Die Stilte Van Die MôreVoorbeeld

In Die Stilte Van Die Môre

DAG 9 VAN 10

’n Gebed oor VERANDERING

Wanneer ek al die veranderings in my lewe moet hanteer


Goeie en genadige God, ek wil iets beklemtoon waarvan almal bewus is: Verandering is stresvol! Ek weet dat verandering een van die groot sekerhede in die lewe is, maar dit maak dit geensins makliker nie. 

Hetsy dit groot of klein is, ek ervaar aanmekaar verandering. Mense verander, verhoudings verander, werk verander. Ek weet party veranderings is positief – dankie vir daardie veranderings! Ander veranderings lyk negatief, en ek moet leer om dankie te sê vir hulle ook. Ek is dankbaar dat U beloof om selfs die moeilikste dinge wat met my kan gebeur te hanteer. En ek dank U dat wanneer ek deur traumatiese verandering gaan, U my herinner dat U onveranderlik en betroubaar is.

Vader, daar is een groot verandering wat U van my verwag, en dit is ’n innerlike verandering van my hart wat berou genoem word. Bewerk asseblief hierdie radikale verandering in my hart sodat die rigting van my lewe vir ewig ten goede sal verander.


Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

In Die Stilte Van Die Môre

Die lewe bring soveel bekommernisse en uitdagings oor ons pad. Ons wéét gebed is eenvoudig om met God te praat. Ons wéét ons kan enige tyd na Hom toe gaan en oor enigiets bid. Maar soms is dit vir ons almal moeilik om die regte woorde te vind. Raak vandag stil en gebruik hierdie 10 gebede uit IN DIE STILTE VAN DIE MÔRE as wegspringplek van ’n rustyd by God.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za