In Die Stilte Van Die MôreVoorbeeld

In Die Stilte Van Die Môre

DAG 4 VAN 10

’n Gebed vir VREDE

Wanneer ek na vrede soek in ’n wêreld vol konflik


Here Jesus, soveel dinge beroof my van vrede – konflik, onsekerheid, bedrywigheid, bekommernis, vrees. Hoe kan ek vrede ervaar te midde van soveel onrus?

Here, ek wil die stil, onwrikbare vrede ervaar wat die gevolg is wanneer ek my vertroue volkome in U plaas, dieselfde vrede wat U in staat gestel het om namens my na die kruis toe te gaan. Help my om te rus in die besef dat my skat inderwaarheid in die hemel is.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

In Die Stilte Van Die Môre

Die lewe bring soveel bekommernisse en uitdagings oor ons pad. Ons wéét gebed is eenvoudig om met God te praat. Ons wéét ons kan enige tyd na Hom toe gaan en oor enigiets bid. Maar soms is dit vir ons almal moeilik om die regte woorde te vind. Raak vandag stil en gebruik hierdie 10 gebede uit IN DIE STILTE VAN DIE MÔRE as wegspringplek van ’n rustyd by God.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za