In Die Stilte Van Die MôreVoorbeeld

In Die Stilte Van Die Môre

DAG 8 VAN 10

’n Gebed oor STRES

Wanneer ek intense vlakke van stres ervaar


Here God, ek vra vir die gawe van u ewige perspektief. Ek bely ek het toegelaat dat die probleme van hierdie wêreld my gedagtes besoedel en die vreugde uit my hart steel. Maar wat is vandag se probleme nou in vergelyking met die geskenk van verlossing?

Here, ek weet met u hulp kan ek bo die eenvoudige bekommernisse van hierdie wêreld uitstyg. Gee vir my die vrede wat slegs U kan gee.


Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

In Die Stilte Van Die Môre

Die lewe bring soveel bekommernisse en uitdagings oor ons pad. Ons wéét gebed is eenvoudig om met God te praat. Ons wéét ons kan enige tyd na Hom toe gaan en oor enigiets bid. Maar soms is dit vir ons almal moeilik om die regte woorde te vind. Raak vandag stil en gebruik hierdie 10 gebede uit IN DIE STILTE VAN DIE MÔRE as wegspringplek van ’n rustyd by God.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za