In Die Stilte Van Die MôreVoorbeeld

In Die Stilte Van Die Môre

DAG 5 VAN 10

’n Gebed oor GOD SE BELOFTES

Wanneer ek wonder of God se beloftes in die Bybel vandag van toepassing is op my


Here God, soms voel dit vir my of U ver weg is of selfs irrelevant is vir my daaglikse lewe. 

Maar wanneer ek u beloftes in die Bybel lees, word ek herinner aan die feit dat U allesbehalwe ver weg en afsydig is. U beloof om by my te wees in die vorm van die Heilige Gees. U beloof om my sondes te vergewe, om vir my vrede in my hart en gedagtes te gee, om my laste te dra en om vir my rus te gee. Met U altyd aan my sy, hoef ek nie bang te wees nie. Omdat U my sondes vergewe, hoef ek nie meer skuldig te voel nie. Ek word gedring om versoekings te weerstaan in plaas daarvan om toe te gee daaraan.

God, ek is so dankbaar dat U aanbied om my laste te dra sodat ek vry van kommer en angs kan wees. Ek loof U vir die vrede in my hart en gedagtes wat hierdie beloftes meebring! Dankie, God, dat U al hierdie dinge beloof en dat U getrou u beloftes nakom. Help my om elke dag vas te hou aan u ewige beloftes.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

In Die Stilte Van Die Môre

Die lewe bring soveel bekommernisse en uitdagings oor ons pad. Ons wéét gebed is eenvoudig om met God te praat. Ons wéét ons kan enige tyd na Hom toe gaan en oor enigiets bid. Maar soms is dit vir ons almal moeilik om die regte woorde te vind. Raak vandag stil en gebruik hierdie 10 gebede uit IN DIE STILTE VAN DIE MÔRE as wegspringplek van ’n rustyd by God.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za