Hy Is My HoopVoorbeeld

Hy Is My Hoop

DAG 2 VAN 7

Wat verwag jy?

Het jy jou onlangs afgevra: “In wie of wat plaas ek my vertroue en hoop?” Was jou antwoord jou werk, jou onderneming, jou verhoudings met vriende of familie, of selfs jou bediening?

Ek wil jou dan ernstig waarsku: As jy jou hoop en verwagtinge in enige van hierdie dinge plaas, sal jy diep teleurgestel word.

Koning Dawid het sy hoop en vertroue in baie dinge en in baie mense geplaas, selfs dié mense in sy huishouding, sy eie vlees en bloed. Hy is telkens teleurgestel en in die steek gelaat. Daarom het hy in Psalm 62:6 geskryf: “Ek wil rustig op God wag, want van Hom kom al my hoop.”

As jy vanoggend berou het omdat jy jou vertroue in die verkeerde mense of dinge geplaas het, draai na God toe. Skryf in die geloof jou verwagtings op ’n stukkie papier neer en gee dit oor aan Hom. God sal vir jou die begeertes van jou hart gee. Want wanneer jy tyd by God deurbring, sal jy altyd die wil van God vra en Hy sal jou altyd antwoord.

Moenie jou verwagtinge in mense of dinge plaas nie. Plaas jou vertroue en jou hoop in God en in God alleen. Hy sal vir jou deure oopmaak wat jy nie gedink het moontlik is om oop te maak nie.

Plaas daarom jou hoop en jou vertroue in die Here alleen.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Hy Is My Hoop

Hoop is van die uiterste belang in ons land en ons wêreld. Ons glo in ’n nuwe begin in ons land, in ons huise en in ons lewe. Daarom moet ons ons hoop volkome in die reddende, beskermende en onverdiende genade van Jesus te plaas. Stap in 7 dae saam met Angus Buchan en fokus op gedagtes oor hoop uit sy dagboek GENADEJAAR.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/