Hy Is My HoopVoorbeeld

Hy Is My Hoop

DAG 4 VAN 7

’n Vars perspektief

Om mense in hulle geloof op te bou is deesdae van die uiterste belang in ons land. Ons glo in ’n nuwe begin in ons land, in ons huise en in ons lewe, maar hierdie nuwe begin sal kom deur lewe te spreek, nie dood nie.

Die Bybel sê yster slyp yster (Spr. 27:17). Daarom is dit so uiters belangrik om langs positiewe mense te gaan staan, mense wat glo in hierdie nuwe begin, in ’n nuwe sonsopkoms, ’n nuwe dag en ’n nuwe hoop vir hierdie land en inderdaad ook vir ons lewe.

Romeine 8:11 sê: “Omdat die Gees van die God wat Jesus uit die dood opgewek het in julle woon, sal Hy wat Christus uit die dood opgewek het, ook julle dooie liggame weer lewendig maak deur dieselfde Gees wat in julle woon.” Wat ’n pragtige belofte van die almagtige God! Ons moet aan die Heilige Gees baie ruimte in ons lewe gee, en veral in ons gedagtewêreld. Ons moet aanhou om die heel belangrikste vraag te vra: Wat sou Jesus doen?

Daar ís lewe ná die dood; daar ís ook ’n nuwe begin hier op aarde moontlik. Ons moet elke dag opnuut ons vertroue in die Here plaas vir die toekoms.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Hy Is My Hoop

Hoop is van die uiterste belang in ons land en ons wêreld. Ons glo in ’n nuwe begin in ons land, in ons huise en in ons lewe. Daarom moet ons ons hoop volkome in die reddende, beskermende en onverdiende genade van Jesus te plaas. Stap in 7 dae saam met Angus Buchan en fokus op gedagtes oor hoop uit sy dagboek GENADEJAAR.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/