Hy Is My HoopVoorbeeld

Hy Is My Hoop

DAG 7 VAN 7

Dou uit die hemel

Daar is niks soos die dou van die hemel om jou te verkwik nie. Jy kan doen wat jy wil en gaan waarheen jy wil, maar uiteindelik is dit net die teenwoordigheid van God wat soos die môredou oor jou neerdaal wat die dors in jou siel sal kan les. 

Dit is hoekom ons in die vier evangelies lees dat die dissipels dikwels tussen die skare na die Verlosser gesoek het, maar Hom dan bo-op die berg gevind het. Daar het Hy die dou van die hemel ontvang. Daar het Jesus tyd by sy Vader deurgebring sodat Hy kon afgaan na die valleie om die mense te seën, gesond te maak en vry te maak. Sodat Hy ’n nuwe visie kon gee aan dié wat hulle visie verloor het en genesing kon bring aan dié wat alles aan die duiwel verkoop het.

Die enigste manier hoe Jesus met sy bediening kon volhou, was om verkwikking en vernuwing van sy Vader in die hemel te ontvang. Eers die berg, dan die bediening. Ons moet Jesus se voorbeeld navolg.

Besluit vandag om te volg in die voetspore van Jesus Christus, om meer tyd by die Here deur te bring sodat jy kan uitgaan in ’n wêreld wat honger en dors na God. Sodat jy kan bemoedig en hoop gee aan dié wat God se raad nodig het.


Hierdie oordenkings is saamgestel uit GENADEJAAR deur Angus Buchan © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Hy Is My Hoop

Hoop is van die uiterste belang in ons land en ons wêreld. Ons glo in ’n nuwe begin in ons land, in ons huise en in ons lewe. Daarom moet ons ons hoop volkome in die reddende, beskermende en onverdiende genade van Jesus te plaas. Stap in 7 dae saam met Angus Buchan en fokus op gedagtes oor hoop uit sy dagboek GENADEJAAR.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/