Hy Is My HoopVoorbeeld

Hy Is My Hoop

DAG 6 VAN 7

Moenie bekommerd wees nie – glimlag!

Daar is altyd belangrike en ernstige besluite wat geneem moet word. Die vraag is eintlik: Gaan jy die hele tyd bekommerd wees oor alles, veral oor die toekoms? Of gaan jy jou hoop en jou vertroue in die lewende God plaas?

As jy aanhou om so bekommerd te wees, sal die vrug van daardie kommer liggaamlike en geestesiektes in jou lewe wees. Dit kan selfs jou dood veroorsaak. Dit is ’n feit dat 90% van alle siektes in ons gedagtes ontstaan.

Jesus sê baie duidelik vir ons in die Woord: “Moet julle daarom nie oor môre bekommer nie. Môre sal sy eie bekommernisse bring. Vandag se moeilikhede is vir een dag heeltemal genoeg” (Matt. 6:34).

As jy ’n groot besluit moet neem, wie gaan jy vertrou? Onthou, die teenmiddel vir bekommernis is geloof. En ons groei in ons geloof deur elke dag tyd by God deur te bring. Voordat jy uitgaan om die dag aan te pak, kan jy al jou bekommernisse aan God oorgee, want Hy gee vir jou om (1 Pet. 5:7). Daarom kan jy glimlag!

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Hy Is My Hoop

Hoop is van die uiterste belang in ons land en ons wêreld. Ons glo in ’n nuwe begin in ons land, in ons huise en in ons lewe. Daarom moet ons ons hoop volkome in die reddende, beskermende en onverdiende genade van Jesus te plaas. Stap in 7 dae saam met Angus Buchan en fokus op gedagtes oor hoop uit sy dagboek GENADEJAAR.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/