Hy Is My HoopVoorbeeld

Hy Is My Hoop

DAG 3 VAN 7

Ons hoop op die heerlikheid

Ek het ’n baie interessante boek gelees wat deur een van Suid-Afrika se beste sportwetenskaplikes geskryf is. Hy sê hy bestudeer nou al langer as 35 jaar die menslike anatomie. In sy studies het hy besef dat ’n mens liggaamlik sterk en fiks moet wees. Hy glo dit vas. Hy het ook besef dat hy uiteindelik in homself moet glo en in sy vermoë om die wenstreep te bereik.

Ek wil iets hier byvoeg. Dit is net Christus in ons wat ons hoop op die hemelse heerlikheid is (Kolossense 1:27).

Paulus sê liggaamlike oefening is tot ons voordeel, maar uiteindelik is dit ons geestelike fiksheid wat ons sal help om die wedloop te bereik en die oorwinnaarskroon te ontvang. Ons raak geestelik fiks deur tyd in God se teenwoordigheid deur te bring.

Laat ons dan die wedloop in die Gees voltooi, soos ons dit aangepak het die dag toe ons die Here ontmoet het. Hoe doen ons dit? Deur die Woord gereeld te lees, deur te bid en deur tyd saam met ander gelowiges deur te bring. Dan sal ons mekaar kan herinner wie ons is en Wie s’n ons is.

Mag God jou seën terwyl jy aanhou om hard te werk om liggaamlik fiks te word, maar, nog belangriker, om ook geestelik fiks te bly.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Hy Is My Hoop

Hoop is van die uiterste belang in ons land en ons wêreld. Ons glo in ’n nuwe begin in ons land, in ons huise en in ons lewe. Daarom moet ons ons hoop volkome in die reddende, beskermende en onverdiende genade van Jesus te plaas. Stap in 7 dae saam met Angus Buchan en fokus op gedagtes oor hoop uit sy dagboek GENADEJAAR.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/