Elke Dag Saam Met GodVoorbeeld

Elke Dag Saam Met God

DAG 2 VAN 14

Vreugde en vrede

’n Tweede emosie tydens lang inperking is geïrriteerdheid. Mense raak naderhand liggeraak en wil oor die geringste dinge iemand se kop afbyt. Irritasie is iets wat jy in jouself voel: ongeduld, omgekraptheid, half vererg en sommer by voorbaat kwaad. As jy dan ongeduldig reageer teenoor iemand, wéét jou verstand dis onbillik, maar jy sukkel om dit te beheer.

Die Here vra egter dat ons dit móét beheer en hierdie stuk sondige natuur (Gal. 5:20) vervang met die vrug van die Gees (Gal. 5:22-23). Hoe doen mens dit? Word stil en soek in jouself na die oorsaak, nie by die ander persone nie. Raak dan ontslae van jou opgekropte energie deur oefening of doelgerigte werk. Jy kan ook ontspanningsoefeninge doen deur asemhaling en om jou spiere te strek.

Dan gaan sit jy en gesels met die Here oor hoe jy die klein goetertjies wat jou so laat ontplof anders kan hanteer. Sý geselskap maak jou geduldig en rustig. Doen dit dikwels. En drink minder koffie of alkohol.

Lees weer die bekende Filippense 4:7. Dit herinner jou dat iets oor jou emosies die wag kán hou.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Elke Dag Saam Met God

Psalm 16:11 sê: “In u teenwoordigheid is vreugde, en aan u regterhand is daar blydskap vir altyd.” Wie wil nie dít hê nie! Dié Skrifbeloftes kan waar word in jou lewe. Jy kan volkome blydskap en vervulling beleef! In die volgende 14 dae sal Henk Gous jou lei om elke dag nader aan God se vreugdevolle teenwoordigheid te kom. Hierdie leesplan is saamgestel uit ELKE DAG SAAM MET GOD.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/