Elke Dag Saam Met GodVoorbeeld

Elke Dag Saam Met God

DAG 6 VAN 14

Leer dink soos God

Die volgende advies klink nogal logies: As jy ’n man (of ’n vrou) wil verstaan, moet jy leer dink soos ’n man (of soos ’n vrou). Om jou in iemand se wil en planne in te dink, moet jy leer dink soos daardie spesifieke mens.

Dis dalk hoekom Romeine 12:2 die belofte gee dat ons sal kan verstaan wat die wil van God is. As God ons denke vernuwe het, is ons denke meer soos dit moet wees as beeld van God en minder skeefgetrek deur sonde. Dan dink ons meer in harmonie met God. Ons dink meer sóós God. Natuurlik klink die Woord van God dan ook net helderder en makliker. Sal dit nie lewensvreugde gee om te wéét wat God dink en wat Hy dink nou die beste is nie? Vra dit van Hom.

Lees weer ’n slag Romeine 12:2 en eien hierdie gebed vir jou toe: “Here, ek wíl beter weet wat U wil hê!”


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Elke Dag Saam Met God

Psalm 16:11 sê: “In u teenwoordigheid is vreugde, en aan u regterhand is daar blydskap vir altyd.” Wie wil nie dít hê nie! Dié Skrifbeloftes kan waar word in jou lewe. Jy kan volkome blydskap en vervulling beleef! In die volgende 14 dae sal Henk Gous jou lei om elke dag nader aan God se vreugdevolle teenwoordigheid te kom. Hierdie leesplan is saamgestel uit ELKE DAG SAAM MET GOD.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/