Elke Dag Saam Met GodVoorbeeld

Elke Dag Saam Met God

DAG 10 VAN 14

Ek het gesê ek het gesondig. Wat nou?

Wat help die erkenning dat wat ek gedoen het sonde is, nie net sommer ’n glipsie of kleinigheid nie?

Dit help dat ek verantwoordelikheid aanvaar en nie die blaam verskuif nie. Dit help dat ek iets wat ernstig is as ernstig erken en drasties hanteer. Dit help dat die Here my verder kan neem: deur vergifnis tot by verandering.

God se doel vir my is dat ek sonder sonde sal lewe, want sonde bederf lewensvreugde. God weet dat ’n gehoorsame lewe ook ’n gelukkige lewe is, en Hy gun my ’n lewe in al sy volheid. As ek die sonde vermy en God se gebooie doelgerig nastreef, het ek die goeie pad gekies.

Laat Esegiël 18:30-32 jou ook inspireer om jou sonde te erken, weg te draai daarvan en te lewe.


Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Elke Dag Saam Met God

Psalm 16:11 sê: “In u teenwoordigheid is vreugde, en aan u regterhand is daar blydskap vir altyd.” Wie wil nie dít hê nie! Dié Skrifbeloftes kan waar word in jou lewe. Jy kan volkome blydskap en vervulling beleef! In die volgende 14 dae sal Henk Gous jou lei om elke dag nader aan God se vreugdevolle teenwoordigheid te kom. Hierdie leesplan is saamgestel uit ELKE DAG SAAM MET GOD.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/