Elke Dag Saam Met GodVoorbeeld

Elke Dag Saam Met God

DAG 12 VAN 14

Selfsorg is noodsaaklik – dit is iets wat almal doen. Sorg vir ander maak gelukkig – tog is dit iets wat min mense doen. Dis algemeen dat mense dink hulle sal gelukkig wees as hulle bedien word. Tog het Jesus gekom en vir ons ’n heel ander manier van gelukkig-wees kom wys. Hy begin vrywillig diens lewer: Hy was sy dissipels se voete. Dis harde en vuil werk. Maar Hy gee toe ’n belofte: “Julle sal gelukkig wees as julle dit doen.”

As ek vrywillig diens lewer, mense in nood help, kry ek ’n bonus, naamlik ’n gevoel van geluk. Ek kom naby mense, ek voel nuttig, ek maak ’n verskil. Ek doen liefde en maak die wêreld beter.

Waar help jy? Waar sien jy nood en gee dan van jouself?

Ná die opdrag in Johannes 13:17 om sy voorbeeld te volg, belowe Jesus dat sulke diens ons gelukkig sal maak.

Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Elke Dag Saam Met God

Psalm 16:11 sê: “In u teenwoordigheid is vreugde, en aan u regterhand is daar blydskap vir altyd.” Wie wil nie dít hê nie! Dié Skrifbeloftes kan waar word in jou lewe. Jy kan volkome blydskap en vervulling beleef! In die volgende 14 dae sal Henk Gous jou lei om elke dag nader aan God se vreugdevolle teenwoordigheid te kom. Hierdie leesplan is saamgestel uit ELKE DAG SAAM MET GOD.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/