Elke Dag Saam Met GodVoorbeeld

Elke Dag Saam Met God

DAG 13 VAN 14

’n Prent uit die verlede

Het jy al die ou prent “De breede en de smalle weg” gesien wat in sommige van ons oupas en oumas se huise gehang het? Die breë pad is vol drink en dans en sondige dinge. Die simboliek van die poort en die pad is die keuse – die wilsbesluit – om Jesus en sy onderrig te volg of nie. Die twee keuses se twee uiteindes is enorm verskillend. Hoekom kies min mense Jesus se pad? Jesus se opdragte hier in die bergrede is moeilik, want dit verg selfopoffering. Dalk is dit ’n rede hoekom minder mense kies om Jesus te volg.

Ons moet egter nie dink dat die breë pad “lekkerder” is as die smal pad nie, en dat ’n gelowiges baie mis nie, want dit word glad nie hier gesê nie. Elders se Jesus juis dat die smal pad ’n mens gelukkig maak (Joh. 13:17). Dis die fout van die prent wat in baie van ons voorouers se huise gehang het. Volgelinge van Jesus loop nie die lekker dinge mis nie. Ons loop die seermaak-dinge mis.

Lees Matteus 7:13-14. Die uiteinde van die keuse vir Jesus is die léwe, ’n beter lewe nou reeds, en hierna ook nog.

Dag 12Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

Elke Dag Saam Met God

Psalm 16:11 sê: “In u teenwoordigheid is vreugde, en aan u regterhand is daar blydskap vir altyd.” Wie wil nie dít hê nie! Dié Skrifbeloftes kan waar word in jou lewe. Jy kan volkome blydskap en vervulling beleef! In die volgende 14 dae sal Henk Gous jou lei om elke dag nader aan God se vreugdevolle teenwoordigheid te kom. Hierdie leesplan is saamgestel uit ELKE DAG SAAM MET GOD.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/