Elke Dag Saam Met GodVoorbeeld

Elke Dag Saam Met God

DAG 11 VAN 14

Jesus se laaste gebed: Blydskap

Een van Jesus se geskenke in sy laaste gebed vir ons is blydskap. Hy bid vir meer as die gewone blydskap en spesifiek vir “blydskap in al sy volheid”. Dis ’n groot geskenk! Dis nie net vrolikheid nie. Sekere mense is nogal vrolike mense op grond van hul temperament, en ander is weer ernstiger. Maar albei geaardhede kry hier voluit-blydskap.

Die fondasie van hierdie blydskap is dat ek aan Jesus behoort. Ons beleef iets van so ’n tipe blydskap ook in ander verhoudings. As ek kyk na my mense, die mense wat aan my behoort en ek aan hulle, voel ek so ’n tipe blydskap. Ons behoort aan mekaar! Ek is gelukkig! Hierdie blydskap is sterker as omstandighede. Hierdie “behoort” gee my blydskap in die grootste swaarkry. Viktor Frankl se gedagtes aan sy vrou het hom gedra deur die bomenslike swaarkry van Auschwitz. Dit was sy blydskap. Ons het meer as dit. Ons het Jesus Christus wat hier vir oulaas bevestig dat ons aan Hom behoort. Ons is onlosmaaklik Syne.

Lees Johannes 17:13 en onderstreep die woorde “blydskap in al sy volheid”. Dit is ’n verstommende geskenk.

Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Elke Dag Saam Met God

Psalm 16:11 sê: “In u teenwoordigheid is vreugde, en aan u regterhand is daar blydskap vir altyd.” Wie wil nie dít hê nie! Dié Skrifbeloftes kan waar word in jou lewe. Jy kan volkome blydskap en vervulling beleef! In die volgende 14 dae sal Henk Gous jou lei om elke dag nader aan God se vreugdevolle teenwoordigheid te kom. Hierdie leesplan is saamgestel uit ELKE DAG SAAM MET GOD.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/