Elke Dag Saam Met GodVoorbeeld

’n Mengelmoes lekker emosies: Lag is gesond
Hoekom is hierdie emosie van lag so belangrik? Want dit is so gesond. Lag skei sekere baie gesonde neuro-oordragstowwe in jou brein af. Dit beveg skadelike emosies soos stres, depressie en angs. Dit verbeter jou immuunstelsel en gesondheid.
Die Bybel gee ons rede (en die opdrag) om die basiese emosie wat tot lag lei te kweek, naamlik blydskap en vreugde. Vreugde is die seker wete dat dinge in jou lewe in orde is, dinge met God, met jou medemens en met jouself. Wanneer ek in ’n situasie van vreugde en vrede leef, is humor maklik. Dan lag ek makliker as wanneer ek onder stres en onvrede leef. Humor – lag – is dan dit wat mens sien, die punt van die spreekwoordelike ysberg, en vreugde en vrede is die gedeelte onder die water.
Maak dus eers jou verhouding met God reg: “Laat jul met God versoen!” En soek dan genoeg gesonde lekkerlag-geleenthede. Maak grappies met mekaar, kyk snaakse programme, hou kinders en honde dop (want hulle is snaaks). Wat gaan jy vandag doen om lekker te lag?
Lees Matteus 11:16-17 en besluit dat jy gaan dans en lag as daar ’n kans is, en dat jy nie ’n suur pretbederwer gaan wees nie.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Psalm 16:11 sê: “In u teenwoordigheid is vreugde, en aan u regterhand is daar blydskap vir altyd.” Wie wil nie dít hê nie! Dié Skrifbeloftes kan waar word in jou lewe. Jy kan volkome blydskap en vervulling beleef! In die volgende 14 dae sal Henk Gous jou lei om elke dag nader aan God se vreugdevolle teenwoordigheid te kom. Hierdie leesplan is saamgestel uit ELKE DAG SAAM MET GOD.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/
Verwante Leesplanne

Ester

Ons God Wat Ons Opsoek - Om Ons Na Hom Terug Te Lei. 'n Studie van Vyf Klein Profete

Kaalvoet Sielsgedagtes

As ek weer kon sê

Oorkom Teleurstellings

Die basiese beginsels van die Christelike geloof

DIE ROOI TOU: 'n verhaal van redding en hoop

Hoe om swaarkry en lyding te hanteer

Delf dieper deur Openbaring
