Elke Dag Saam Met GodVoorbeeld

Elke Dag Saam Met God

DAG 1 VAN 14

Waarin vind jy vreugde?

Vóór 2020 was die woord “inperking” of “grendeltyd” nie deel van ons woordeskat nie. Toe tref dit ons, saam met die navorsing oor hoe so ’n tyd mens beïnvloed. Hierdie navorsing het bevind dat mens veral twee gemoedstemmings tydens lang inperking ervaar. Ons kyk vandag na die eerste een: ’n lae gemoed, terneergedruktheid, sommer net áf voel. Dis heeltemal normaal. Omdat mens ’n klomp vreugdes mis en baie goed nie mag doen nie, is jou bronne vir lewensvreugde minder. Dit voel tog maar ’n bietjie soos tronk. Hoe hanteer mens dit?

Ons lewensdoel is nie om áltyd vrolik te wees nie, maar ons wil darem vreugde beleef. Vreugde is mos darem ook ’n vrug van die Gees (Gal. 5:22). ’n Emosie soos vreugde kan nie aangeskakel word soos ’n skakelaar nie. Dit kan slegs gekweek word deur dade en wilsbesluite. Daarom moet jy jou dae só beplan dat jy met dáde vreugde kweek. Vaste ritmes van iets sinvols doen, iets lekkers en iets ontspannends. As jy sekere lekker dinge nie kan doen nie, doen doodgewoon jou pligte, want dit gee oomblikke van vreugde. As jy genoeg sulke oomblikke het, sal die dag sommer beter wees.

Lees Psalm 119:35. Doodgewone gehoorsaamheid aan God se gebooie gee vreugde wanneer ek vanaand gaan slaap.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Elke Dag Saam Met God

Psalm 16:11 sê: “In u teenwoordigheid is vreugde, en aan u regterhand is daar blydskap vir altyd.” Wie wil nie dít hê nie! Dié Skrifbeloftes kan waar word in jou lewe. Jy kan volkome blydskap en vervulling beleef! In die volgende 14 dae sal Henk Gous jou lei om elke dag nader aan God se vreugdevolle teenwoordigheid te kom. Hierdie leesplan is saamgestel uit ELKE DAG SAAM MET GOD.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/