Elke Dag Saam Met GodVoorbeeld

Elke Dag Saam Met God

DAG 5 VAN 14

Jesus se dikbek-storie

Die oudste seun was lewenslank die ordentlike een, die een wat almal geweet het ’n goeie seun is. Tog was hy dikbek aan die binnekant. Hy het gedink sy werk is ’n straf, en nooit gedink hy sou mag vra vir ’n lekker fees saam met sy vriende nie. Sy prentjie van sy pa was een van pretbederwer, en heeltemal verkeerd. Toe sy pa ’n fees reël, verwyt hy, in plaas daarvan om saam fees te vier.

Ordentlike mense kan soms verwytend wees oor alles wat ons dink ons Vader ons nie gun nie. Tog gun ons Vader sy kinders soveel meer vreugde en plesier as dom, vlietende aardse plesier. Wie wil nou prostitute hê as jy ’n getroue liefdesmaat mag kry? Jy bederf jou eie vreugde as jy vies is oor dinge wat in elk geval nie goed is vir jou nie.

Die oudste seun van Lukas 15:28-30 is net soos die Fariseërs met hul skewe prentjie dat God kwaai en foutvinderig is.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Elke Dag Saam Met God

Psalm 16:11 sê: “In u teenwoordigheid is vreugde, en aan u regterhand is daar blydskap vir altyd.” Wie wil nie dít hê nie! Dié Skrifbeloftes kan waar word in jou lewe. Jy kan volkome blydskap en vervulling beleef! In die volgende 14 dae sal Henk Gous jou lei om elke dag nader aan God se vreugdevolle teenwoordigheid te kom. Hierdie leesplan is saamgestel uit ELKE DAG SAAM MET GOD.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/