Die Hantering van VerdrietVoorbeeld
Ons Sal Binnekort Herenig Word
In die geval van die wêreld se grootste teenstrydighede, is vreugde en verdriet nie teenoorgesteldes nie. Smart is in der waarheid die weg wat na hernude hoop lei — as ons dit toelaat.
Hoe gouer ons onsself toelaat om die smart te voel, daaroor te praat en dit te verwerk, hoe groter is die kans dat ons weer uit die skaduwees na vore sal kom met ons integriteit onaangeraak en 'n meer veerkragtige geloof.
In ons donkerste oomblikke kan ons 'n lewe vol gegriefdheid leef en in 'n woedebui ons voete stamp en vir God ons vuiste bal. Of ons kan ons geloof in die Here se beheer plaas en die lewe, eerder as die dood kies. Ons het die versekering dat God by ons is. Ons kan vertrou op die Jesus se woorde: "Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld."
In Johannes se evangelie word die opwekking van Lasarus as die laaste wonderwerk van sewe "wonderwerk-verhale" vertel. Hy noem hulle "tekens." Tekens wys na meer as hulself, na 'n ander en groter werklikheid.
Marta en Maria wou 'n wonderwerk gehad het en hulle het hul wonderwerk gekry. Daar is aan hulle versoek voldoen, hulle gebed is beantwoord. Johannes sê egter vir ons dat dit 'n teken is. Tekens wys na meer as hulself, na 'n ander en groter werklikheid.
Ons wil dikwels 'n terugkeer of 'n opwekking hê; Christus het 'n opstanding belowe. Jesus het Lasarus opgewek, die laaste en beste teken; maar Jesus is die opstanding en die lewe.
Jesus bied iets meer en beter aan. Nie 'n goeie lewe nie, maar 'n nuwe lewe. Hy is die werklike wonderwerk in die verhaal; Hy is die laaste en uiteindelike antwoord op gebed. Hy is die opstanding en die lewe. Nie opwekking nie, maar opstanding. Nie terugkeer na voorheen nie, maar vernuwing. Jesus het sonde, die dood en die hel oorwin.
As ons in Hom glo sal ons lewe hê, werklike, permanente, oorvloedige, onderhoudende en ewige lewe. Wanneer ons sterf sal ons nog steeds daardie lewe ervaar. Ons kan selfs nou daardie lewe ervaar, want dit is groter as die lewe wat ons ken en die dood wat ons vrees.
Dit is 'n vreugde wat net Christene kan waardeer wat geliefdes, wat in Christus is, verloor het. Een van die vreugdes van die hemel is dat ons nie net ons Verlosser sal sien nie, maar ook herenig sal word met ons broers en susters in Christus, wat die Jordaan voor ons oorgesteek het.
1 Tessalonisense 4:13-14 sê: "Ons wil hê, broers, dat julle nie onkundig moet wees oor wat met die ontslapenes gaan gebeur nie. Dan sal julle ook nie treur nie, soos die ander mense wat geen hoop het nie. Ons glo immers dat Jesus gesterwe maar ook opgestaan het. Net so glo ons ook dat God saam met Jesus die ontslapenes wat in Hom geglo het, na Hom toe sal neem."
Ons sien hoe koning Dawid vertroos word deur hierdie waarheid, wanneer sy seun sterf. Hy sê met selfvertroue: "Ek gaan na hom toe; hy kan nie na my toe terugkom nie" (2 Samuel 12:20-23).
Dis die silwer randjie waarop ons moet fokus wanneer die stormwolke van verlies ons oorskadu.
In plaas daarvan om ons geliefdes as "dood en in die verlede" te sien, moet ons hulle begin sien as "lewendig en in die hemel" en verstaan dat ons binnekort met hulle herenig gaan word.
Ons tyd op aarde is nie eens 'n oogknip in vergelyking met die ewige tydraamwerk wat in die hemel geld nie.
Aanhaling: As ek in 'n begraafplaas is, dink ek graag aan wanneer die dooies uit die grafte sal opstaan. ... Dank die Vader dat ons vriende nie begrawe is nie, hulle is net gesaai! — D.L. Moody
Gebed: Here, ek dank U vir die versekering dat ons binnekort met ons geliefdes herenig sal word. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Wanneer iemand vir wie ons lief is sterf, ervaar ons gewoonlik verskillende emosies. Leer in hierdie 10-dag oordenking hoe om verdriet te hanteer as ons geliefdes hierdie aarde verlaat. Die Here het hierdie lesse vir my begin leer nadat my vrou aan die einde van Junie 2021 oorlede is.
More