Die moed om jouself te weesVoorbeeld

Die moed om jouself te wees

DAG 2 VAN 7

Breek uit die vorm

‘’Geliefde vriend, moet tog nie dié slegte voorbeeld navolg nie. Volg liewer die goeie. Dié wat goed doen, is van God afkomstig; dié wat sleg doen, het God tot nou toe nie gesien nie.’’ - 3 Johannes 1:11 NLV

Soms wil mense in die wêreld hê dat ons aan hulle vereistes moet voldoen (konformeer). Die woord konformeer beteken ‘’ooreenkom; om op te tree in ooreenstemming met die heersende maniere of gebruike.”

Romeine 12:2 sê: "Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie."

3 Johannes 1:11 sê: "Moet tog nie dié slegte voorbeeld navolg nie. Volg liewer die goeie."

Mense sal ons altyd probeer indruk in hul vorm, deels as gevolg van hul eie onsekerhede. Dit laat hulle beter voel oor wat hulle doen as hulle iemand anders kan kry om dieselfde te doen.Baie min mense het die vermoë om te wees wie hulle is en al die ander te laat wees wie hulle is.

Kan jy jouself indink hoe lekker die wêreld sou wees as elkeen veilig is in wie hy is en ander aanvaar vir wie hulle is? Dan sou ons nie probeer om mekaar te konformeer en na te boots nie.

Ek wil jou vandag aanmoedig om te glo dat jy 'n nabootser van Christus kan wees en uit die wêreld se vorm kan breek!

Gebed:

Heilige Gees, help my om nie in die strik van die wêreld se vorm te val nie. Help my om die goeie na te streef en soos Christus te leef.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Die moed om jouself te wees

Is jy moeg vir speletjies speel, maskers dra of probeer om iemand anders as jouself te wees? Wil jy vry wees om net aanvaar te word vir wie jy is nie, sonder die druk om iemand te wees wie jy nie regtig is nie? Wil jy graag weet hoe om jou unieke self te wees en die versoeking te weerstaan om soos almal te wees?

More

Ons wil graag Joyce Meyer Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://tv.joycemeyer.org/afrikaans/