Die moed om jouself te weesVoorbeeld

Die moed om jouself te wees

DAG 4 VAN 7

Jy is nie vir God ‘n verrassing nie

““Ek ken jou nog voordat jy gevorm is in die skoot van jou moeder. Voor jou geboorte al het Ek jou gekies en aangestel om namens My te praat met die nasies van die wêreld.” Jeremia 1:5 NLV

Voel jy ooit asof God teleurgesteld is in jou? Ek het altyd so gevoel totdat Hy eendag vir my gesê het: “Jy weet Joyce, jy is nie vir My ‘n verrassing nie. Ek het geweet wat Ek kry toe Ek jou gemaak het.”

Dink daaraan! God het die begin en die einde geken en elke dag van ons lewens is in sy Boek opgeskryf. God weet alreeds van elke besluit wat ons ooit gaan maak, goed of sleg, nog voordat ons ooit op planeet aarde opgedaag het. Hy weet reeds vandag van elke woord wat uit ons monde gaan kom – selfs al sê ons dit eers oor ‘n jaar van nou af.

Soms dink ons God is konstant teleurgesteld in ons. Dit is waar dat ons foute maak. En ons moet dit nie ligtelik opneem nie – ons moet ernstig aandag daaraan gee. Maar ten spyte van ons foute, het God hoop vir ons en Hy weet dat Hy ons kan verander as ons naby aan Hom bly.

God is nie teleurgesteld nie. Hy is vol hoop as dit by ons kom! Hy glo in ons, meer as wat ons in onsself glo.

Gebed:

Here, u hoop is vir my so bemoedigend en inspirerend. Selfs al glo ek nie in myself nie, weet ek U glo in my en dit gee my die krag om my foute te oorkom en U te volg.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Die moed om jouself te wees

Is jy moeg vir speletjies speel, maskers dra of probeer om iemand anders as jouself te wees? Wil jy vry wees om net aanvaar te word vir wie jy is nie, sonder die druk om iemand te wees wie jy nie regtig is nie? Wil jy graag weet hoe om jou unieke self te wees en die versoeking te weerstaan om soos almal te wees?

More

Ons wil graag Joyce Meyer Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://tv.joycemeyer.org/afrikaans/