Die moed om jouself te weesVoorbeeld

Die moed om jouself te wees

DAG 6 VAN 7

Skei jou “wie” van jou “doen”

‘’Daarom – iemand wat aan Christus verbind is, is ’n nuwe skepping. Die ou dinge is verby, kyk, die nuwe is hier!’’ 2 Korintiërs 5:17 NLV

Ek het foute gemaak in my lewe en ek is seker dat ek in die toekoms foute sal maak, maar ek hou nog steeds van myself. Die feit is dat ek nie heeltyd alles reg doen nie, maar dit beïnvloed nie wie ek in Christus is nie. Ek weet ek is geliefd en ek is nog steeds 'n goeie mens. Omdat ek 'n nuwe wese in Christus is, het ek geleer om my ‘’wie’’ van my ‘’doen’’ te skei.

Wanneer jy besef wat jy “doen” nie bepaal ‘’wie’’ jy is nie, kan jy 'n nuwe vlak van vryheid van skaamte ervaar. As jy weet dat God van jou hou, kan jy jouself op 'n gesonde, gebalanseerde manier begin liefhê. As jy van jouself begin hou, begin ander mense ook van jou hou. Om van jouself te hou beteken nie dat jy vol trots is nie; dit beteken eenvoudig dat jy jouself aanvaar soos die persoon wat God jou geskape het om te wees.

Ons het almal veranderinge in ons gedrag nodig, maar om onsself as die skepping van God te aanvaar, is noodsaaklik vir ons vooruitgang om emosioneel gesond en heel te word in Christus. As ons hierdie een ding kan bemeester — om van onsself te hou — sal dit voordelig wees om ons te help om ons skaamte te oorkom.

Gebed:

Heilige Gees, help my om my ‘’doen’’ van my ‘’wie’’ te skei. Ek kan myself liefhê en vryheid van skaamte ervaar, omdat U my liefhet en voortdurend in my lewe werk.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Die moed om jouself te wees

Is jy moeg vir speletjies speel, maskers dra of probeer om iemand anders as jouself te wees? Wil jy vry wees om net aanvaar te word vir wie jy is nie, sonder die druk om iemand te wees wie jy nie regtig is nie? Wil jy graag weet hoe om jou unieke self te wees en die versoeking te weerstaan om soos almal te wees?

More

Ons wil graag Joyce Meyer Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://tv.joycemeyer.org/afrikaans/