Die moed om jouself te weesVoorbeeld
Goed genoeg
“Ná sy bitter lyding sal hy weer die lig sien en tevrede wees. En deur alles wat hy beleef het, sal my regverdige dienaar dit moontlik maak vir baie om ook regverdig te word, want hy dra al hulle sondes.” Jesaja 53:11 NLV
Vir baie van ons is ons grootste probleem dat ons nie van onsself hou nie, en ons verwronge selfbeeld maak dit moeilik vir ons om te glo dat God ons kan liefhê.
Ek het vir jare met hierdie probleem gesukkel. Ek het seker 75 persent van my tyd gebruik om myself te probeer verander, maar al wat ek werklik gedoen het was om myself uit te stres terwyl die duiwel my laat skuldig voel het.
Ek het nooit goed genoeg gevoel nie.
Jesaja 53 sê vir ons dat toe Jesus vir ons sondes gesterf het, het Hy ook ons skuld op Homself geneem. Hy het ons so lief gehad dat Hy die prys betaal het sodat ons nie hoef te ly onder die aaklige gevoel van veroordeling nie.
As ons na God toe gaan en Hom opreg vra om ons te vergewe, sal Hy; so daar is geen rede om met veroordeling te leef nie.
God het jou lief en Hy wil hê jy moet dit glo en heeltyd ontvang.
Hy wil ook hê jy moet vry wees van skuldgevoelens en veroordeling. God sê jy is genoeg. Aanvaar dit vandag en leef ‘n lewe van oorwinning.
Gebed:
God, u Seun het al my skuld en straf geneem en in Christus is ek goed genoeg. Ek glo dit vandag en ek weier om met die las van skuld en veroordeling te leef. Ek vra vergifnis vir my sondes.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Is jy moeg vir speletjies speel, maskers dra of probeer om iemand anders as jouself te wees? Wil jy vry wees om net aanvaar te word vir wie jy is nie, sonder die druk om iemand te wees wie jy nie regtig is nie? Wil jy graag weet hoe om jou unieke self te wees en die versoeking te weerstaan om soos almal te wees?
More
Ons wil graag Joyce Meyer Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://tv.joycemeyer.org/afrikaans/