21 Dae VasVoorbeeld
Vir baie mense is kos 'n troos. Is jy in hierdie tyd gebombardeer met gedagtes oor jou drang na kos, wat jy mis terwyl jy vas, of selfs hoeveel gewig jy kan verloor? Gebeur dit dikwels? As jou drang na alkohol of dwelms was, sou jy sê jy is verslaaf, as jy so verteer word met die begeerte daarna? Hierdie vas kan jou dalk bewus maak van watter ongesonde plek kos in jou lewe het. Dit kan 'n verslawing openbaar. Vra God dat Hy jou enigste bron van vertroosting sal wees. Vra Hom om hierdie ervaring van lyding te gebruik om enigiets in jou lewe te verwyder wat die plek van die Heilige Gees as jou Vertrooster ingeneem het.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Begin jou nuwe jaar deur te fokus op die geestelike dissipline van vas. Hierdie plan sluit 'n verskeidenheid skrifgedeeltes oor vas in. Dit sal jou aanmoedig om tyd saam met God te spandeer en so nader aan Hom te kom. Jy sal vir 21 dae lank 'n Bybelgedeelte kry om te lees, met 'n kort oordenking en gebedsonderwerp.
More
We'd like to thank Life.Church for their generosity in providing the structure for the 21 Day Fast reading plan.