Wie is God?Voorbeeld

Wie is God?

DAG 1 VAN 7

Vraag 1: Wie is God?

1. Hoe dink jy oor God? Watter eienskappe van Hom beteken vir jou die meeste?

2. Lees my antwoord en oordink dit.

God is groot en genadig, goed en getrou. God sorg vir alles en almal, vol liefde en trou. God is oneindig, onbegryplik en onveranderlik in wese en volmaaktheid, alwetend en almagtig, volkome wys en regverdig, barmhartig en heilig, die alleroorvloedigste fontein van alles wat goed is. Hy alleen moet aanbid, gehoorsaam en gedien word. Niks gebeur behalwe deur Hom en volgens sy wil nie.

3. Hoe verander hierdie beskrywing van God jou gedagtes. Hoe laat dit jou voel?

4. Lees die verhaal van Elia en die weduwee van Sarfat in 1 Konings 17. Wat tref jou?

5. Lees my opsomming van die boodskap en oordink dit.

God is groot en almagtig. Hy het ’n groot droogte oor Israel gebring weens hulle sonde. God is genadig en getrou. Hy het vir Elia gesorg met water. Die kraaie het elke oggend en aand brood en vleis vir hom gebring. Toe die droogte te erg raak, het God ’n wonderwerk gedoen. Hy het gesorg dat die weduwee van Sarfat se meel en olie nie opraak nie. God het haar seuntjie wat gesterf het weer laat lewe om sy goedheid te wys. Hy het dit ook weer laat reën toe Israel tot inkeer gekom het. God is vol liefde en trou.

6. Watter verwagtings skep die verhaal by jou? Bring jou behoeftes in gebed voor God.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Wie is God?

Werk deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het 7 bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere bydraes uit die Bybel. Dag 6: Bydraes uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op alle gelowiges. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of kleingroep.

More

Ons wil graag Bybelskool.com bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.bybelskool.com/