Wie is God?Voorbeeld

Wie is God?

DAG 4 VAN 7

Wie is God? – Jesaja 40:12-28

1. Onderstreep die beskrywings van God se sorg. Watter troos is daarin vir jou?

2. Die Here sien ons moeilikheid raak. Hy luister na ons saak. Watter moeilikheid wil jy graag hê dat God sal raaksien? Bid dit met verwagting.

3. Lees die verse later vandag weer. Herhaal jou gebed van verwagting en vertroue op God se sorg.

4. Jy kan later vanaand die hele Jesaja 40-41 lees sowel as my bydrae daaroor: Jesaja 40-41 – Die wat op die Here vertrou, kry nuwe krag.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Wie is God?

Werk deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het 7 bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere bydraes uit die Bybel. Dag 6: Bydraes uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op alle gelowiges. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of kleingroep.

More

Ons wil graag Bybelskool.com bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.bybelskool.com/