Vaste Fondament - Bou Jou Lewe op die Onwankelbare Waarheid van die Woord van GodVoorbeeld

Week 5 / Wat is Verlossing? Wat is die Skrif?
Verlossing: Regverdigmaking
Lees: Romeine 5:1-5; Galasiërs 2:15-16
SOAP: Romeine 5:1; Galasiërs 2:16
"God het ons dan nou vrygespreek deurdat ons glo. Daarom is daar nou vrede tussen ons en God deur ons Here Jesus Christus" (Romeine 5:1).
“En tog weet ons dat 'n mens nie van sonde vrygespreek word deur die wet van Moses te onderhou nie, maar alleen deur in Jesus Christus te glo. Ook ons het tot die geloof in Christus Jesus gekom, en dit is hoe ons vrygespreek is: deur in Christus te glo en nie deur die wet te onderhou nie, want geen mens word vrygespreek op grond daarvan dat hy die wet onderhou nie” (Galasiërs 2:16).
Oordenking
In verlossing is daar drie komponente: regverdigingmaking, heiligmaking, en verheerliking.
Die eerste is regverdigmaking. Hierdie Goddelike daad van regverdiging, is God se verklaring dat ons regverdig is, nie weens ons eie dade nie, maar as gevolg van Jesus se offer. Dit verseker ons van ons stand voor God en vul ons harte met vrede.
Regverdigmaking is 'n geskenk van God, waardeur Hy ons krediteer met Christus se regverdigheid. Dit vind een keer plaas wanneer ons ons sondes bely en Jesus vra om die Here van ons lewens te wees. Wanneer ons in Jesus as ons Verlosser glo, word ons met Hom verenig en sy regverdigheid word ons eie (Galasiërs 2:16).
Die waarheid van regverdigmaking beteken dat ons kan ophou om te probeer om ons pad na die hemel te verdien of om God se guns te wen. Ons kan nou in vryheid leef. Alhoewel ons steeds met sonde worstel, sien God ons as volmaak regverdig as gevolg van Christus se regverdigheid.
Ons kan rus in die versekering van God se aanvaarding en liefde en wandel in die vrede wat ons deur geloof in regverdigmaking ontvang. Ons geloof in Christus verwyder die las van skuld en veroordeling en vervang dit met die omhelsing van sy genade en barmhartigheid.
Gebed
Dierbare Jesus, dankie dat U my regverdig maak deur geloof in U. Help my om te rus in die versekering van u aanvaarding en liefde. Bevry my van die las om na aanvaarding te strewe en laat my wandel in die vryheid en vreugde om deur u genade regverdig gemaak te wees. In u Naam. Amen.
Aangaande hierdie leesplan

Hunker jy na 'n dieper, meer onwankelbare geloof? Begeer jy 'n sterker fondament in jou wandel met God? In hierdie sesweeklange Bybelstudie gaan ons 30 fundamentele waarhede van die Christelike geloof ondersoek. Elke dag gaan jy in 'n Bybelse waarheid delf, van God se natuur en die outoriteit van die Skrif, tot die belangrikheid van gehoorsaamheid en die hoop op die opstanding.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://afrikaans.lovegodgreatly.com/